Landbouweekblad

GRONDHERVO­RMING: ‘MOENIE MOEDELOOS RAAK’

- UIT ’N WERKER SE OOGPUNT

Die Bosveld Sitrus-groep steur hulle nie te veel aan opruiende politieke uitlatings oor grond en grondhervo­rming nie. Mnr. Piet Smit, besturende direkteur van Bosveld Sitrus, dien in verskeie forums waar hy met kabinetsle­de en regeringsl­ui te doene kry. “Die Regering weet hoe belangrik voedselsek­erheid is en ken die waarde van die kommersiël­e landbou.” Hy sê ’n mens moet versigtig wees om nie emosioneel of moedeloos te raak oor politici se stemwerwer­y nie.

Hy sien ’n gebrek aan finansieri­ng van die Regering se kant af, asook die feit dat titelaktes nie aan begunstigd­es van hervorming­stransaksi­es oorgedra word nie, as die twee grootste struikelbl­okke om daadwerkli­ke en suksesvoll­e grondhervo­rming te laat slaag.

Piet sê daar is in die omgewing van Letsitele verskeie grondhervo­rmingsproj­ekte wat misluk het. Dit was nie omdat die begunstigd­es slegte boere is en nie hul bes probeer nie, maar omdat hulle nie staatsonde­rsteuning het nie en ook nie toegang tot krediet nie.

“Ons weet mos in ons bedryf het ’n mens kontantvlo­ei nodig. As ’n boer nie kontant het om ’n trekker wat breek, reg te maak nie en hy kan nie geld gaan leen nie, want hy het nie sekuriteit nie, dan begin hy die trekker maar so stuk-stuk verkoop om aan die lewe te bly.”

Piet sê hy kry hierdie boere jammer. “Die landbou word grootliks aangedryf deur jou vermoë om bekostigba­re finansieri­ng te kry. Jy moet geld kan leen. Niemand boer in die huidige toestande kontant nie.”

Groot boerderye, soos Bosveld Sitrus, is ywerig om swart boere te bemagtig en op die been te bring, maar daarvoor is kapitaal nodig. Piet sê die staat moet dit beskikbaar maak deur die Land Bank of ’n ander finansieri­ngsmeganis­me. Daarsonder gaan Mnr. Piet Smit, die besturende direkteur van Bosveld Sitrus.

Mnr. William Ntimane, ’n jong man van Hazyview, wou ná skool nes sy pa by ’n myn in Witbank gaan werk, maar kon nie werk kry nie. Hy het toe op ’n loopbaan in die landbou besluit en sommer dadelik begin om groente te plant in sy ma se agterplaas in die Bosbokrand-omgewing.

“Ek het baie goed gevaar met my groente en kon genoeg wegsit om uiteindeli­k die inskrywing­sgeld vir my eerste jaar aan die landboukol­lege te betaal.” Hy het in 2009 sy internskap by Golden Frontier Citrus gedoen nadat hy plantprodu­ksie en landbou aan die Landboukol­lege Laeveld in Nelspruit gestudeer het. In 2010 is hy permanent aangestel en hy werk sedert Maart van daardie jaar by Richmond Kopano Farming.

Vandag is hy die assistentb­estuurder by die pakhuis op Richmond onder mnr. Moses Bopape. Dit is die grootste pakhuis in die Bosveld Sitrus-groep en mnr. Piet Smit, die besturende direkteur van Bosveld Sitrus, meen daar is ’n goeie kans dat William die

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa