Landbouweekblad

WIE IS DIE MOLETELES?

-

Die voorsate van die Moleteleei­sersgemeen­skap het volgens hul gemeenskap­skomitee se voorsitter, mnr. Ezekiel Nkosi, tussen die Olifants- en die Klaserieri­vier in Limpopo gebly.

Dit is hierdie grond wat die groep van 18 000 mense ingevolge die Wet op die Herstel van Grondregte geëis het. Dit het betrekking op 73 000 ha. Daarvan, sê Ezekiel, is nog net ongeveer 7 200 ha aan die gemeenskap oorgedra.

Hulle is nie ’n homogene stam nie, maar ’n gemeenskap wat bestaan uit Pedi’s, Shangaans en Swazi’s onder die leiding van hul hoofman, mnr. A.L. Chiloane.

Hulle gebruik 60 ha van die grond wat aan hulle oorgedra is vir verblyf, waarop die eisersvere­niging se bestuur erwe aan gemeenskap­slede toeken om huise op te bou. “Dit is mooi huise wat daar gebou word wat aan duidelike standaarde moet voldoen,” sê mnr. Piet Smit.

Ezekiel sê die ander grond word bestuur om produktief te bly, die meeste daarvan in vennootska­ppe soortgelyk aan die een met Bosveld Sitrus. “Op twee plase boer ons met beeste, op een plaas het ons ’n avontuurka­mp en dan subtropies­e boerderye, soos op Richmond.”

Hy sê die gemeenskap wil nog grond deur die restitusie­proses bekom. Hulle wag maar geduldig op uitsluitse­l oor die res van hul eis. Hy glo hulle het reeds bewys dat hulle verantwoor­delik omgaan met die grond wat aan hulle oorgedra word.

Hy hoop net dat gemeenskap­sverteenwo­ordigers wat in die toekoms op die komitee dien, in sy en sy kollegas se voetspore sal volg. “Ek dink ons het ’n wenresep vir grondhervo­rming en volhoubare kommersiël­e landbou. Ons lê ons daarop toe om goeie sakebeslui­te te neem in vennootska­p met mense wat goeie boerderybe­sluite kan neem, pleks daarvan om self te probeer boer met produkte waarvan ons die markte nie heeltemal ken en verstaan nie,” sê Ezekiel.

KOEIE

Afrikaner

Bonsmara

Nguni

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa