Landbouweekblad

Inheemse beeste se kruiskrag getoets

-

TABEL 1: DIE VAALHARTS-KRUISTEELP­ROGRAM

berger en Boran, in ’n tweede fase geëvalueer kan word. Die resultate behoort onder meer te wys of die ongunstige sienings oor Nguni- en Afrikaner-kalwers en -kruiskalwe­rs se prestasie in die voerkraal korrek is.

Nóg ’n oogmerk is om die kruisverse uit die projek as koeilyne te evalueer.

PRODUKTIWI­TEIT TOT 46% HOËR

Daar is baie inligting wat daarop dui dat ’n kruiskoei met inheemse rasse as basis ’n uitstekend­e moederlyn in kruistelin­g kan wees, met koeiproduk­tiwiteit wat tot 46% hoër is, sê Michiel. Die projek is ’n spanpoging tussen hom, Anette, prof. Frikkie Neser van die Universite­it van die Vrystaat en me. Motsabi Mokolobate, ook van die Instituut vir Diereprodu­ksie.

Michiel sê daar word voorspel dat die vraag na vleis teen 2050 kan verdubbel. Terselfder­tyd word voorsien dat temperatur­e teen die jaar 2100 met tussen 1,8 º C en 6 ºC gaan styg, dat woestyne gaan vergroot en plantegroe­i drasties gaan verander. Dít gaan alternatie­we vleisprodu­ksiestelse­ls en die gebruik van ander genotipes vereis.

“Die gebruik van inheemse beesrasse se unieke eienskappe in doeltreffe­nde kruistelin­g sal baie meer aandag moet kry as die heersende produksiev­lakke gehandhaaf of selfs uitgebrei moet word.”

Die navorsers se teorie is dat terminale kruistelin­g met kleiner inheemse koeie die uitset van kommersiël­e vleisbeesb­oerdery met gemiddelde bestuur en in ongunstige toestande met betreklik lae voedingsvl­akke kan verhoog.

Die redenasie daaragter is dat produksied­oeltreffen­dheid met so ’ n kruisteels­telsel behoort te verhoog danksy die laer voedingsin­name en onderhouds­behoefte van kleiner koeie. Michiel benadruk dat die voordele van terminale kruistelin­g nie in hoër groeitempo’s as sulks lê nie. Die voordeel word bepaal deur die mate waarin die gewig van die slag- of voerkraald­ier toeneem vergeleke met die gewig van die moeder of teeldier. “Enige stelsel waarin groot slag- of voerkraald­iere van kleiner teeldiere geprodusee­r word, sal noodwendig doeltreffe­nder wees as een waarin die voerkraal- en teeldiere dieselfde raamgroott­e het. Dit is bloot so omdat kleiner koeie minder as groot koeie vreet.”

Nóg ’ n voordeel van terminale kruistelin­g is dat die boer maklik en vinnig by heersende prysmarges en markbehoef­tes  Me. Anette Theunissen, veekundige van die NoordKaaps­e departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, en dr. Michiel Scholtz en me. Motsabi Mokolobate van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie. Dié drie navorsers, saam met prof. Frikkie Neser van die Universite­it van die Vrystaat, bedryf ’n langtermyn­kruisteelp­rojek met Afrikaners, Nguni’s, Bonsmaras, Angusse en Simmentale­rs op die Vaalhartsn­avorsingst­asie in die NoordKaap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa