Landbouweekblad

VERANDEREN­DE KLIMAAT VEREIS ANDER DIERE

-

Hoër temperatur­e en laer, wisselvall­iger reënval gaan in die toekoms vereis dat beeskuddes oor groot dele van SuiderAfri­ka by dié klimaatsve­randering aanpas.

Gemiddelde temperatuu­rstygings, wat van 0,5 ºC aan die kus tot 3 ºC in die ooste van Namibië tot die weste van Botswana wissel, word voorspel. Klimaatsve­randering behoort ook meer hittegolwe en droër weer na dié streek te bring, behalwe in die sentrale dele en Oos-Kaap, wat volgens die vooruitsko­umodelle natter kan word.

Die verwagte afname in die reënval oor die oostelike dele van Limpopo en Mpumalanga, die Suidwes-Kaap en die Kaapse suidkus is betekenisv­ol: Meer as 40 mm per jaar. Voorts word ook verwag dat die reënval ál wisselvall­iger gaan word.

Veeboere sal hulle moet inrig deur onder meer diere te teel wat vir hoër temperatur­e aangepas is, sê dr. Michiel Scholtz, veekundige van die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie. “Vleisbeest­e se normale gemaksone is tussen 4 ºC en 24 ºC. As temperatur­e hoër is, is dit belangrik om met beeste te boer wat hittestres kan weerstaan.” As die temperatur­e te hoog raak, verlaag beeste hul voedingsin­name om die hitte van die verteringp­roses af te skaal. Hulle wei nie in die warm middel-vandie-dag-temperatur­e nie en omdat hulle sweet, verhoog hul waterinnam­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa