RUIMTE VIR VERBETERING
Navorsing het gewys dat daar binne sowel as tussen rasse verskille in hitteweerstand tussen individuele diere is. Dit beteken daar kan vir hitteweerstand geteel word, sê dr. Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Diereproduksie.
Ook vrugbaarheid en produksiedoeltreffendheid kan met doeltreffende kruisteling tussen gepaste rasse verbeter word.
Michiel wys daarop dat tien rasse in SuidAfrika vanaf 1999 tot 2008 hul tussenkalfperiode (TKP) met 10 of meer dae verbeter het. In twee van die plaaslike beesrasse is die gemiddelde TKP al onder 400 dae, vir 14 is dit tussen 400 en 439 dae, vir 12 tussen 440 en 480 dae, en vir 2 meer as 480 dae.
Daar is nog heelwat ruimte vir verbetering wat kalfpersentasie betref. Die gemiddelde kalfpersentasie waarvoor prestasieaantekening van plaaslike stoetbeeste
gedoen word, is 76, die gemiddelde kalfpersentasie van kommersiële kuddes wat aangeteken word, is 83, die opkomende sektor s’n 48 en dié van kommunale kuddes net 35.
In net die eerste jaar het die Vaalhartsprojek se dataontleding gewys koeiproduktiwiteit, gemeet aan kilogram speenkalf per grootveeeenheid, kan met die regte kruisteelstelsel aansienlik verhoog word. Die AngusNgunikruising het, byvoorbeeld, dié syfer met 25% verhoog. Dit is ook al bewys dat kruising met ’n F Afrikanerkoei
1 dié doeltreffendheidsyfer met 46% kan verhoog, sê Michiel.
Die Amerikaners het ook die laaste dekades gewys hoe dramaties vleisbeesproduktiwiteit verhoog kan word. Vanaf 1977 tot 2007 het hul karkasopbrengs met 22% verhoog, hul gemiddelde ouderdom met slagtyd met 21% verlaag en hul algehele beesvleisproduksie met 11% verhoog, desondanks ’n afname van sowat 5 miljoen stuks in hul nasionale beeskudde.