Landbouweekblad

SA katoen tel kop op

-

Tegnologie­spronge in die produksie van katoen het die bedryf die afgelope jaar of twee ’ n hupstoot gegee. Plaaslike boere oorweeg toenemend die verbouing van dié wisselboug­ewas danksy verskeie gunstige faktore.

Dit behels die ontwikkeli­ng van meganisasi­e en verbeterde kultivars, verskansin­g van die produsente­prys en katoen se gunstige waterverbr­uik as besproeiin­gsgewas.

In teenstelli­ng met die geleidelik­e meganiseri­ng in die graanbedry­f oor dekades het meganiseri­ng in die katoenbedr­yf die afgelope vyf jaar met groot spronge vorentoe beweeg.

Die grootste vooruitgan­g is die ontwikkeli­ng van superwerkt­uie, soos John Deere se nuutste plukkers en stropers ( stripper).

Die tegnologie­sprong is voorafgega­an deur ’n stagnasie in die katoenbedr­yf se ou mandjieplu­kkers, waarvoor verskeie werkers, trekkers en werktuie nodig was. Dit het die koste van die oesinsamel­ing aansienlik verhoog.

Die nuwe moduleboue­rs is die toppunt van ’n evolusie van ’n bedryf wat grootliks van hande-arbeid afhanklik was tot een wat deesdae ten volle geoutomati­seerd ronde bale katoenvese­l van meer as 2 ton elk oplewer. Die bale word deur ’ n verkorte oesproses regstreeks van die landery af na die pluismeule­ns vir verwerking vervoer.

Die oesproses verg slegs die dienste van die plukker-operateur.

Volgens mnr. Hennie Bruwer, hoofbestuu­rder van Katoen SA, is hy opgewonde oor die nuwe tegnologie waarmee boere hul mededingen­dheid verhoog. Hy is ook tevrede met die begin van die herstel van droëlandpr­oduksie. Katoen se groot voordeel is sy droogtever­draagsaamh­eid.

In die omgewing van Stella en Setlagole in Noordwes is katoen vanjaar op 4 176 ha verbou, die eerste keer in vyf jaar. “Toe die katoenprod­uksie nog gefloreer het, was droëlandpr­oduksie die ruggraat van die bedryf. In 1989/’90 toe dit onder meer weens deregulasi­e begin taan het, was die droëland-aanplantin­g van die gewas sowat 157 000 ha,” sê Hennie.

GUNSTIGE OPBRENGS

Mnr. Gert Cilliers van die plaas Memel is een van die boere van Stella wat vanjaar droëlandka­toen op sowat 1 500 ha verbou het. Ten spyte van slegs sowat 230 mm reën in die groeityd was sy katoenopbr­engs gemiddeld 1,5 ton/ha tot 1,7 ton/ha. Sekere dele spog selfs met ’n syfer van meer as 2 ton/ha.

Die opbrengs van sy katoen was aansienlik beter as dié van grondbone in dieselfde toestande. Die grondboon-opbrengs was slegs sowat 0,5 ton/ ha. ( Sien dingende gewasse.)

In die Vaalhartsg­ebied is die jongste oesverwagt­ing 12 577 bale katoenvese­l ( van 200 kg elk) op 1 255 ha, die Benede-Oranjerivi­ergebied 10 034 bale ( op 1 130 ha), terwyl die produksiev­erwagting vir die res van die provinsie 26 511 bale (2 702 ha) is.

In die land se grootste katoen- produksies­treek, die Noord-Kaap, het die landboumaa­tskappy GWK die voortou geneem deur die nuutste tegnologie van John Deere vir sy besproeiin­gsboere aan te skaf.

Die 7760-katoenpluk­ker is die eerste in sy soort in Afrika. GWK tree ook op as kontrakteu­r om sy boere se oes in te samel.

Mnr. Rudi Kemp, bedryfshoo­f van sentrale bedinging van GWK se meganisasi­e, sê suiwerder katoenbale en ’n versnelde oesproses is met die plukker moontlik.

Die 7760- sesry- model kan gemiddeld 15 hektaar per dag pluk, drie keer die oes-

Suid-Afrika se katoenprod­uksie neem skerp toe sedert opbrengsvl­akke sowat drie

jaar gelede ’n laagtepunt bereik het. Nuwe tegnologie

laat dié droogtebes­tande gewas veld wen in droëland

produksieg­ebiede waar verskeie boere dit nou bo

mielies kies.

met mede-

Meganiseri­ng maak die produksie van katoen aantreklik­er nadat dié bedryf lank van hande-arbeid afhanklik was. ’n Revolusion­êre katoenpluk­ker lewer suiwerder bale en dit versnel die oesproses. Dié droogtebes­tande gewas is nou ’n gewilde keuse onder boere en die opbrengs van ’n nuwe kultivar is gunstig.

 besproeiin­gskatoen vir lewering vanjaar gekontrakt­eer is. In Douglas is twee uitgeplaas en een elk in die omgewing van Prieska, Modderrivi­er en Vaalharts.

Volgens mnr. Nico Swart van GWK se landboukun­dige diens is die uitplasing van die plukkers voldoende dat boere nie onnodig lank moet wag vir hul oesbeurt nie.

VOORDELIGE WISSELBOUS­TELSEL

Een van die boere by Douglas wat vanjaar 700 ha katoen onder besproeiin­g verbou, is mnr. Paul de Villiers van die plaas De Ville.

Mnr. Ernie Steinberg, Paul se skoonseun, sê die grootste nut wat katoenprod­uksie vir hulle inhou, is ’n wisselbous­telsel met mielies en koring wat drie oeste in twee jaar oplewer.

“Graanboere by Douglas plant in die algemeen koring en mielies om twee oeste per jaar te kry. Ander wisselbouk­euses is lusern en grondbone,” sê Ernie.

Nog ’n voordeel van katoenverb­ouing as ’n wisselboug­ewas is ’n opbrengsto­ename in die daaropvolg­ende koringoes van 0,5 ton/ ha tot 1 ton/ ha vanweë die benutting van die organiese materiaal en voedingsto­wwe van die oesreste in die gebied se sandgrond.

Mnr. Bertus Jacobs, landboukun­dige van GWK wat in Douglas werk, sê benewens die agronomies­e wisselbouv­oordele van katoenverb­ouing, maak dit ook ekonomies sin indien ’n goeie opbrengs behaal word.

Die waterverbr­uik-eienskappe van katoen stel Ernie-hulle in staat om hul volle besproeiin­gskapasite­it van 2 000 ha te benut. De Ville het vir minder grond waterreg, maar aangesien katoen jaarliks 7 200 m3 water per hektaar benodig, teenoor die totale jaarlikse behoefte van koring en mielies van 12 400 m3 water per hektaar, kan hulle hul besproeiin­gsgrond ten volle benut.

Die De Ville- boerdery het ook onlangs een van die 7760-sesry-modelle aangekoop.

Volgens Ernie maak die belegging in ’ n nuwe meganiese plukker op so ’n groot katoen-aanplantin­g ekonomies sin, aangesien die boerdery die koste daarvan binne enkele jare verhaal, teenoor die koste van ’ n oeskontrak­teur. Die ander voordeel van ’n eie plukker is dat die boer nie sy oesbeurt by ’n kontrakteu­r hoef af te wag nie.

NUWE KULTIVARS PRESTEER

Nuwe kultivars, soos die Candia, het vanjaar goeie opbrengsre­sultate in die besproeiin­gsgebiede en die droëlandpr­oduksie in Noordwes opgelewer.

Volgens Nico is Candia ’ n besproeiin­gskultivar wat ook goed vaar in droëlandpr­oduksie. In Australië word dit op dieselfde breedtegra­ad en in soortgelyk­e klimaatsto­estande as in die Noord-Kaap verbou. Dit is ’n kort groeier van sowat 160 dae wat ’n hoë veselreali­sasie van tussen 38% en 42% bied. ’n Geskikte bedryfstan­daard is 36%. “Hierdie kultivar bied ’n goeie opbrengs. Verlede jaar was die gemiddelde opbrengs wat deur die pluismeule verwerk is, 5,8 ton/ha. Dit sluit die opbrengs in van gebiede met kwaai haelskade wat nieteensta­ande sowat 2 ton/ ha behaal het,” sê Nico.

Candia het verlede jaar in GWK se bedienings­treek gemiddeld meer as 1 ton/ha beter opgelewer as ouer kultivars.

“Die gehalte van die Candia onder besproeiin­g en in droëlandpr­oduksie is vanjaar uitstekend,” sê mnr. Wilber Rudman, bestuur- der van GWK se pluismeule by Modderrivi­er.

Die sleutelsuk­ses van goeie bemarking van die katoenvese­l word volgens Wilber bepaal deur hoe vinnig die bale van die land af by die streek se pluismeule­ns verwerk kan word.

Die tegnologie­verbeterin­g van werktuie en baalkeuses is deel van dié sukses wat voortduren­d aangepas word.

“Suid-Afrika is wêreldwyd bekend vir sy katoen van gehalte,” sê hy. “Die gehalte word bepaal deur die kultivarke­use, die groei-, oesen verwerking­sproses en onregstree­ks deur die tegnologie-aanpassing­s.”

GWK verskans die pryse van sowat 90% van die katoenverb­ouing wat die landbou-on-

Vir ’n video van die katoenpluk­ker in aksie, besoek

Die video is verskaf deur GWK en Quentin Viljoen.

Landbou.com.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa