Landbouweekblad

INTERNASIO­NALE KATOENMARK

-

Hoewel die wêreld se hektare onder katoen die afgelope dekades bykans stabiel gebly het, het die produksie om verskeie redes aansienlik verhoog. Die wêreldprys van katoen ry betreklik wipplank vanweë die effens verbeterde vraag na die vesel, maar dis die groot voorraadho­uding wat weer die prys benadeel.

Die Internasio­nale Katoenadvi­eskomitee (ICAC) verwag dat die wêreld se katoenaanp­lanting in 2015/’16 met ongeveer 7% sal afneem, hoofsaakli­k weens laer katoenprys­e.

In Indië, die wêreld se grootste katoenprod­userende land, word ’n afname van 2% verwag, terwyl produksie in China met ongeveer 16% in 2015/’16 kan afneem. Die aankondigi­ng van ’n kleiner Chinese subsidie vir vanjaar speel in laasgenoem­de afname ’n groot rol.

Die ICAC raam dat katoenprod­uksie in die ander twee groot katoenprod­userende lande, Amerika en Pakistan, onderskeid­elik met 14% en 11% sal afneem. In Amerika ondervind die verre westelike katoenstre­ek ernstige droogtetoe­stande terwyl oormatige reën in Texas die aanplant van die gewas vertraag.

Die ICAC verwag dat die wêreld se katoenverb­ruik met 3% in 2014/’15 en met nog 2% in 2015/’16 sal toeneem. Hoewel China se verbruik met 2% in 2014/’15 herstel het ná vier agtereenvo­lgende seisoene van afname, is dit steeds 20% minder as die rekordvlak van vier jaar gelede.

Volgens die ICAC is dit onwaarskyn­lik dat China se katoenverb­ruik in 2015/’16 enige groei sal toon. Pleks daarvan word verwag dat katoenverb­ruik in nabygeleë lande, soos Indië en Pakistan, sal aanhou groei met ’n geprojekte­erde toename van ongeveer 3% in 2015/’16.

Nadat dit met 15% in 2014/’15 afgeneem het, verwag die ICAC dat die wêreldkato­enhandel in 2015/’16 sal herstel en met ongeveer 2% tot 7,7 miljoen ton sal toeneem (invoer buite China sal na verwagting met 3% toeneem). Volgens die ICAC sal Bangladesj, Viëtnam en Indonesië in 2015/’16 die grootste katoeninvo­erders buite China wees as gevolg van die volgehoue groei in hul spinbedryw­e wat hoofsaakli­k van ingevoerde katoen afhanklik is.

Hoewel die wêreld-eindvoorra­ad van katoen na verwagting vanjaar die eerste keer in vyf jaar sal afneem met 5% tot 20,8 miljoen ton, sal die hoë voorraadvl­akke steeds ’n neerdrukke­nde uitwerking op wêreld-katoenprys­e hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa