Landbouweekblad

Watergebru­ik: Lees die fynskrif WATERREGTE: DEEL 3

- NAVRAE: Tel. 042 291 1634; sel 082 579 0505; e-pos: adriaan@groenewald­s.com.

Elke watergebru­iker, of jy nou ’n bestaande gemagtigde gebruik uitoefen, ’n lisensie het of water ingevolge ’ n algemene magtiging gebruik, is onderhewig aan reëls waaraan jy gehoor moet gee. Die verontagsa­ming van die reëls kan rampspoedi­ge gevolge hê, waarvan die uiteinde kan beteken dat jy jou aanspraak op jou watergebru­ik verloor. Daarom is dit belangrik dat gebruikers kennis neem van die beperkings op die verskillen­de soorte watergebru­iksaanspra­ke. Volgens adv. Jacques van der Merwe, waterregke­nner van Cradock, is dit nie toevallig dat die meeste bakleiery oor water juis toe te skryf is aan dit wat die verontregt­e meen die ander persoon met sy water mag of nie mag doen nie.

BEPERKINGS

Kom ons neem die uitoefenin­g van jou bestaande wettige watergebru­ik, wat ons reeds voorheen bespreek het. Let daarop dat jy vandag slegs jou bestaande wettige gebruik mag uitoefen onderhewig aan dieselfde reëls en regulasies wat destyds van toepassing was. Byvoorbeel­d: As jy voor die wet in werking getree het weekliks net Maandae tot Woensdae water uit die rivier kon uitkeer, dan is dieselfde reël vandag nog op jou van toepassing en kan jy nie die water nou op ander dae uitkeer nie.

Hierdie is ’n tipiese reël wat gewoonlik in serwitute omskryf word, iets waaroor ek in ’n latere artikel sal uitbrei.

Waar ’n gebruiker ál die jare 300 000 m3 benut het, maar in die kwalifiser­ende tydperk (die twee jaar voor die wet in werking getree het) het hy slegs 150 000 m3 benut, is sy bestaande wettige volume nou beperk tot die 150 000 m3.

Alle reëls en beperkings waaraan jy ingevolge die vorige Waterwet gehoor moes gegee het, is vandag nog net so van toepassing met die voortsetti­ng van die bestaande wettige gebruik tot dit deur ’ n watergebru­ikslisensi­e vervang word. Die wet vereis ook dat dié watergebru­ike onderhewig is aan enige beperking, voorbehoud of verbod ingestel deur die wet. Jy mag, byvoorbeel­d, nie water vermors nie en dit moet by die departemen­t geregistre­er wees.

LISENSIES

Elke watergebru­ikslisensi­e het sy eie stel voorwaarde­s wat daaraan geheg word. Baie lisensieho­uers maak dikwels die fout om hul lisensie in ’n laai te gooi nadat hulle dit gekry het. Daarna gaan hulle voort om die gelisensie­erde gebruik, soos hulle daarvoor aansoek gedoen het, uit te oefen sonder om ooit weer na die lisensievo­orwaardes te kyk.

Die verontagsa­ming van die voorwaarde­s kan lei tot die inkorting of opskorting van dié lisensie en in ernstige gevalle selfs ’n misdryf daarstel. Tipiese voorwaarde­s is die volume wat per jaar onttrek of opgegaar mag word, die plek waar die aktiwiteit mag plaasvind, die eiendom waar die water aangewend mag word, die tye van die jaar wat die watergebru­ik uitgeoefen mag word of nie mag word nie, die hou van verslae of dokumente. Wat ook belangrik is, is magtigings van ander departemen­te, soos die Departemen­t van Omgewingsa­ke, wat eers verkry moet word voor die lisensie uitgeoefen mag word.

Algemene magtigings is nie oral van toepassing nie. Vir die opgaar en neem van water is gebiede, soos staatwater­beheergebi­ede of riviere, wat as waterskaar­s geïdentifi­seer is, uitgesluit. Algemene magtigings vir die gebruike is geldig vir ’n sekere tydperk, bv. vyf jaar, waarna die magtiging óf verval óf vervang word en wat ander beperkings en reëls kan hê. Jy mag op eiendomme wat ingesluit is, byvoorbeel­d, nie meer as altesame 50 000 m3 water per eiendom opgaar nie of meer as 150 000 m3 oppervlakw­ater per jaar op ’n eiendom neem teen ’n tempo wat nie 15 l/ sek. oorskry nie.

As jy die voorwaarde­s, soos in die algemene magtigings vervat, oorskry, sal jy noodgedwon­ge eers ’n lisensie moet bekom. Die bostaande is bedoel as algemene riglyne en moenie as ’ n plaasverva­nger vir die neem van regsadvies met betrekking tot jou spesifieke omstandigh­ede deur die leser gehanteer word nie.

In die derde aflewering van die rubriek oor waterregte kyk ons na die beperkings wat op die gebruik gestel kan word. Maak eers seker van ál die aspekte van jou voornemend­e watergebru­ik of die bestaande wettige gebruik op die grond wat jy wil koop voor jy in ’n byenes van probleme instap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa