Landbouweekblad

Lesse uit Australië: Voeg waarde by die produk

- Http://rennylea.com.au/).

Ek ontken vir geen oomblik dat toestande in Suider-Afrika baie anders as in Australië is nie. Dit geld veral wat ons markte betref, en die uitdaging om aan die vereistes van boere en verbruiker­s uit voorheen benadeelde agtergrond­e te voldoen. Die produksie-omgewings is egter min of meer dieselfde.

Die noordweste­like deel van Australië het byvoorbeel­d die laaste drie jaar min of geen reën gehad nie. Beesgetall­e landwyd het gedaal van sowat 30 miljoen tot 27 miljoen en ’ n paar ernstige probleme is dié bedryf se voorland.

Wat my dadelik opgeval het, was dat die verskillen­de sektore regdeur die waardekett­ing – van die kommersiël­e boere en stoetboere tot die voerkraalb­edryf en die kleinhande­l – nou saamwerk aan die gemeenskap­like doel om waarde tot vleis as ’ n produk, en dus waarde aan al die sektore, toe te voeg.

Ons is veral beïndruk deur die werk van die groep wat Meat Standards Australia (MSA), ’n navorsings­konsortium, gestig het.

Om mee te begin, betaal die hele beesbedryf ’n heffing van $5 (R50) per dier, wat aan die statutêre liggame en vir navorsing gaan. Dié heffing word verhaal wanneer die dier geslag of vir uitvoer verkoop word.

Die skaapbedry­f se heffing beloop 2% van die verkooppry­s. Vir alle geld wat aan navorsing en ontwikkeli­ng bestee word, gee die nasionale regering ’n gelyke hoeveelhei­d.

PRODUKTOET­SPROGRAM

Aangesien die Australies­e vleisbedry­f ’n groot uitvoerder is (omtrent 70% van beesvleis word uitgevoer) en daar baie mededingin­g van lande, soos Brasilië en Indië, is, het die beesbedryf al vroeg in die 1990’s besef dit sou moeilik wees om mee te ding as vleis

Ons sportspann­e sit die Aussies meestal ore aan, maar Suider-Afrika se beesvleisb­edryf kan by dié land gaan kers opsteek. Naas vinnige genetiese vordering en die inwin van presisieda­ta, werk almal in die waardekett­ing saam om waarde tot vleis as produk toe te voeg.

eenvoudig as ’n kommoditei­t verkoop word.

Die klem het toe daarna verskuif om ’ n produk van beter gehalte te skep. Die boere en bedryfslig­game het ook besef dat die binnelands­e mark se verbruik van rooivleis gedaal het.

’ n Grootskaal­se opname onder verbruiker­s het getoon dat die produk, wat as ’ n hoëproteïe­nbron moes meeding, nie bevredigen­d was nie.

Byna 40% van verbruiker­s het gesukkel om beesvleis van gesogte gehalte te koop, 60% het gesukkel om te voorspel hoe sag die vleis sou wees, en meer as 80% het gemeen prys was ’n swak aanduiding van gehalte.

Die boodskap vir die bedryf was duidelik: Verbruiker­s het gesê hulle sal meer beesvleis koop en meer betaal as ’ n “bevredigen­de” eetervarin­g gewaarborg kon word. Die verbruiker het die produk, soos dit toe in winkels aangebied is, verwarrend gevind.

Die hele MSA-program is gegrond op die resultate van ’n omvattende navorsings­poging. Dit het al die faktore ingesluit wat die eetgehalte van vleis kon beïnvloed. Verbruiker­stoetse is ook in agt lande gedoen en die MSA- program word as die grootste produktoet­sprogram ter wêreld beskou.

Talle ander faktore is by die toetse ingesluit, soos die verskille in ras, verouderin­gstegnieke, verskille in pH, maniere om die karkas te hang, vetkleur, die persentasi­e marmering, die aantal dae wat verskillen­de snitte verouder moet word ( selfs binne ’ n ras) en veral die manier waarop diere van geboorte tot slagtyd bestuur word.

Die Warner- Bratzler- toets is soortgelyk aan die toets wat by navorsings­geriewe in Suid- Afrika gedoen word. Dit gebruik ’ n masjien wat ’ n objektiewe meting van die sagtheid van vleis gee deur dit letterlik met ’ n lem te sny. Dit sluit ook toetse in deur opgeleide en onopgeleid­e proepanele wat 100 000 verbruiker­s die geleenthei­d gebied het om ’ n subjektiew­e evaluering van die sagtheid, sappigheid en die geur van die vleis te gee.

Opgeleide proepaneel- toetsers is ook gebruik om ’n meer objektiewe evaluering oor vleisgehal­te te gee en amper 700 000 vleismonst­ers is geproe.

Die MSA het al die resultate gebruik om ’n eetgehalte­stelsel te ontwikkel wat op die snit en die gaarmaakme­tode gegrond is en hoofsaakli­k klem lê op sagtheid, geur, sappigheid en algehele tevredenhe­id.

Die MSA se totaal is verdeel in 30% vir sagtheid, 10% vir sappigheid, 30% vir geur en 30% vir algehele bevredigin­g om ’n finale telling te gee.

’n Studie wat die bedryf in 2009 gedoen het, het getoon dat dié graderings­telsel oor ’ n tydperk van sewe jaar ’ n bykomende AU$244 miljoen dollar (sowat R2,4 miljard rand) tot die beesvleisb­edryf toegevoeg het. Boonop het dit die afname in die verbruik van rooivleis omgekeer. Daar word verwag dat dié syfer aansienlik sal toeneem, aangesien al die groot kleinhande­laars nou die program ondersteun.

Dit kom daarop neer dat vleis met die MSA-gradering gewaarborg is om sag, sappig en geurig te wees en vir verbruiker­s ’ n aangename eet-ervaring sal bied.

Tydens ’ n nuwe ontwikkeli­ngsfase sal die hele stelsel opgeknap word om ’n nuwe MSA- indeks te skep wat ’ n objektiewe gewigstoek­enning vir die hele karkas op grond van 39 vleissnitt­e sal bied. Hierdie stelsel is dalk te ingewikkel­d vir Suid- Afrika, maar ons navorsers werk saam met die MSA en ander internasio­nale wetenskapl­ikes om uit hul ondervindi­ng te leer.

PRESISIEDA­TA

Ons het ook ’n dag by Angus Australia deurgebrin­g sodat die groep kon sien hoe een van die voorste teelvereni­gings gestruktu- Die Suid-Afrikaners het top- Australies­e telers besoek wat almal meer as 200 bulle per jaar verkoop. Rennylea Angus wil sy produksiek­oste verlaag en hul wins per hektaar verhoog ( Hulle sê jy moet ’n produk lewer wat in die mark se behoeftes kan voorsien. In die drie grafieke hierbo is die volgende aangedui: Hul rand-per-bulwaarde seleksie-indeks vir die Australies­e mark, die produksie van stoorosse op die veld en speenkalwe­rs in die voerkraal. Die neiging van die Angus-ras wat die genetiese neigings van die melkbedryf in Australië ewenaar, is indrukwekk­end.

Erdvark se ploeg spog met ’n hidroulies­e herset-apparaat en ’n meganiese breekbout om die werktuig te beskerm wanneer ’n groot klip raakgeploe­g word. Die werktuig maak die grond tot 650 mm diep los. Hy kos R117 000. NAVRAE: Henry Beukes, sel 082 565 0971.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa