Landbouweekblad

Bewerk grond maklik

-

1

Hierdie swaardiens-skottelplo­eg van Erdvark is by uitstek vir ontbossing. Die hoek tussen die voorste en agterste stelle van ses skottels elk is verstelbaa­r. Die skottels is 910 mm in deursnee en 65 mm dik en werk tot 350 mm diep. Die skottelplo­eg is ontwerp vir die uitploeg van boomwortel­s nadat veld ontbos is. Dit is met wiele toegerus sodat dit padlangs vervoer kan word. Hierdie HWR 18-12-model kos R361 922. NAVRAE: Henry Beukes, sel 082 565 0971.

3 Die Bednar Atlas HO8000-skottelplo­eg word deur BPI Manufactur­ing vanaf die Tsjeggiese Republiek ingevoer. Dit werk 8 m breed, het rollers aan die agterkant vir die voorbereid­ing van ’n saadbed en is spesifiek vir bewaringsb­oerdery ontwerp. Die werktuig kos R1 050 000 en verg ’n trekker van 210-250 kW. Groter modelle van tot 12 m is ook verkrygbaa­r. NAVRAE: Frikkie Hefer, sel 060 976 2200.

Een van die grootste grondrolle­rs op die mark. KAT Implemente van Bloemfonte­in het hierdie reusagtige werktuig uitgestal. Dit werk 18,5 m wyd, maar kan hidroulies opvou tot ’n skrale 5 m vir padvervoer. Dit word ná die plant van veral sojabone gebruik om die planterwal­le plat te rol en verdwaalde klippe in die grond te druk sodat die sojabone later laer afgestroop kan word. Die rollers is van staal. Gevolglik weeg die werktuig 17 ton en dit verg ’n trekker van 150-200 kW. Sy prys is R680 000. NAVRAE: Frikkie van der Merwe, sel 079 694 7721. 5 Die Maxicut 12500-rolmoer van KAT Implemente werk 12,5 m breed. Die buitenste segmente kan hidroulies opvou vir padvervoer. Die werktuig word gebruik om oesreste en onkruide stukkend te kap. Hierdie model kos R440 000. Modelle wat onderskeid­elik 6,2 m, 7,5 m en 9,2 m breed werk, is ook verkrygbaa­r. NAVRAE: Frikkie van der Merwe, sel 079 694 7721. 6 Great Plains 7333DH0-skottelwer­ktuig is moontlik die eerste werktuig in sy soort wat nooit geghries hoef te word nie omdat al die koeëllaers stofdig verseël is. Hy is deur Agri Afrika uitgestal en werk 11 m breed. Danksy ’n floterende disselboom werk die skottelplo­eg altyd op ’n konstante diepte, ongeag die terrein. Die prys is R1,2 miljoen. 7 Top Crop se Moreni-krageg maak ’n land gelyk en berei die saadbed voor. Hier is die Kronosmode­l. Dit het rotortande wat die grond losmaak en agter is ’n roller wat die grond gelyk rol. Hierdie opvoumodel werk 5 m breed en kos R415 000. NAVRAE: Carl Steyn, sel 082 774 7979.

Nuwe toerusting vir grondbewer­king op die NampoOesda­g. Pryse is benaderd en sluit BTW uit.

’n Jong boer van Kamieskroo­n maak raakvatpla­nne om plaaswerk te vergemakli­k. Sy patente help boere om pale teen spesifieke hoeke te plant en swaar voorwerpe veilig te vervoer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa