Landbouweekblad

Paalplante­r, kettingspa­nner maak plaaswerk maklik

-

As jy wil boer, moet jy ’n raakvatpla­n kan maak,” glo mnr. Altus Beukes van die plaas Sorsors buite Kamieskroo­n in die Noord-Kaap.

Hy het ’ n paar patente ontwikkel om plaaswerk en die vervoer van swaar goed makliker te maak en met so min werkers moontlik klaar te kom.

Altus het hom ná skool as ’n dieselwerk- tuigkundig­e gekwalifis­eer, maar lank in die vervoerbed­ryf gewerk. Hy is nou drie jaar heeltyds op die familiepla­as, wat hy sedertdien omgeswaai het van ’ n skaapplaas na ’ n besproeiin­gsplaas. Dié proses verg slim planne en patente.

Hy en sy vrou, Christine, hou skape aan en plant groente en hawer om hooi te maak. Omdat hulle gewasse kan besproei, rond hulle dikwels diere af vir ander boere. Altus het ’ n werkswinke­l waarin hy trekkers en vragmotors versien en herstel. Dit is ook die plek waar sy planne lyf kry en patente gebou word. “Ek kan nie al die goed wat ’n mens in boeke sien, bekostig nie. Ek moet hulle dus self maak,” sê hy.

Hy sê al die patente wat hy gebou het, spaar nie net geld nie, maar help hom om verskillen­de take op die plaas alleen of sonder veel ekstra hulp af te handel.

Altus se eerste patent ( FOTO 1 TOT 6 ) is ’ n toestel waarmee een persoon pale van enige lengte tot ses meter waterpas (90 grade) of teen 20 grade of 30 grade kan plant. Hy het patentreg daarop uitgeneem en meen die feit dat die paalplante­r dit ook moontlik maak om pale met akkuraathe­id skuins te plant, kan vir vrugteboer­e wat nette oor hul boorde span, van groot nut wees. Die paalplante­r kos R950.

Die tweede patent ( FOTO’S 7 EN 8 ), ’n kettingspa­nner, word gebruik om groot en swaar toerusting of voertuie veilig vas te maak wanneer dit op ’n vragmotor vervoer word.

Altus sê dit het begin deur ’n gesukkel as ’ n mens ’ n swaar masjien, soos ’ n trekker, laaigraaf of staalstruk­tuur, op die bak van ’n vragmotor moet vastrek. “As jy dit wil haak, is die haakplek te ver of te naby. Jy neem gevolglik ’n pyp en druk dit oor die hefboom om meer krag te kry en trek dan vas. Dan is die ketting snaarstyf, of dit breek en, ja, dan het jy Sondag bitter gou nodig . . .”

’n Jong boer van Kamieskroo­n het ’n paar patente ontwikkel om meer werk met minder werkers gedoen te kry en geld te spaar.

1. Die foto wys (a) die band wat styfgetrek en (b) gesluit word, (c) die teleskopie­se “bene” wat in- en uitgetrek kan word na gelang van die paal se lengte en die hoek waarteen dit geplant moet word, asook (d) die bolvormige ( bull’s eye) waterpas. 3. Die skroef wat die paalplante­r se band vashou, word losgedraai sodat die paalplante­r gelig kan word om pale teen ander hoeke ook te plant.

4. Altus demonstree­r hoe die paalplante­r se “bene” uitgetrek word sodat die paal skuins geplant kan word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa