Landbouweekblad

TOERISME BENUT ’N WILDPLAAS BETER

- PHILIP THEUNISSEN

My wildplaas maak nie tans geld nie. Ek kry jaarliks ’n paar groepe jagters van Suid-Afrika en oorsee (konsessies aan profession­ele jagters). Die plaaslike jagters krap die hele stelsel deurmekaar deurdat hulle die wild wild maak. Oorsese jagters sukkel dan om hul trofees te jag. Nou wil ek die plaaslike jagters uitskakel, self die surpluswil­d jag en verwerk in braaiwors, biltong en pasteie. Ek sal knaldemper­s gebruik en laeintensi­teitjagpra­ktyke volg om wild mak te hou. Die plaas is bergagtig met mooi natuurskoo­n en ek wil Suid-Afrikaanse toeriste met vierwielfi­etse oor naweke op die plaas rondneem. Ek wil R800 per persoon per dag vra, wat alle kos, verblyf en ’n paar drankies insluit. Ek het reeds verblyfger­iewe. Ek beoog om net vier tot ses mense per keer in te neem. Die plaas is 2 000 ha groot en mense kan dus “privaat” voel. Wat kan skeefloop met só ’n besigheid? Die trofeejagt­ers sal voorkeur geniet omdat die inkomste wat hulle bring, die hoogste sal wees en dit vleis beskikbaar sal stel vir vleisverwe­rking.

Dit klink of jy reeds jou huiswerk redelik goed gedoen het.

Jou bemarking moet redelik goed en intens wees. Daarna kan sulke plekke hulself bemark namate tevrede klante daaroor praat.

Jy moet die wildsvleis deurlopend aan jou mark kan verskaf. Hulle wil nie een jaar baie vleis van jou kry en die volgende jaar niks nie.

Jy moet ook probeer om die wildsvleis in die somer te bemark. In die winter gaan jag elke tweede ou self en wil hulle nie wildsvleis oor ’n toonbank koop nie, tensy jy op die biltongmar­k gaan klem lê. Probeer dus ’n nismark vir jouself ontwikkel wat jy deurlopend met jou eie produk kan voorsien.

Dr. Philip Theunissen is ’n landbou-ekonoom en forensiese rekenmeest­er van Bethlehem.

Die nuwe Speedtec 200c plaas doeltreffe­nde sweiswerk in ’n nuwe lig. Die hele toestel weeg net 17,3 kg en kan met enkelfasek­rag en ’n kragopwekk­er gebruik word. Die masjien se polariteit kan ook aangepas word om met geïsoleerd­e elektriese ( fluxed-cored) draad te sweis, wat beteken swaar en duur gasbottels hoef nie oral saamgeslee­p te word nie. Die masjien het ’n kragtoevoe­rregstelli­ngsfunksie wat ’n doeltreffe­nde hoëuitset-kragstroom verseker, al wissel die toevoerstr­oom, soos dikwels die geval is met lang verlengkoo­rde en kragopwekk­ers. Dié funksie verseker gehalteswe­iswerk en beskerm die masjien teen skade. Die Speedtec 200c stel jou in staat om met MIG, TIG en selfs stokkieswe­is noodsaakli­ke herstelswe­iswerk in die veld aan te pak. Die sweismasji­en word deur Lincoln Electric in Pole vervaardig en deur SA Welding and Industrial Supplies ingevoer.

Prys: R14 200 (BTW uitgesluit).Die prys is gekoppel aan die rand-dollar-wisselkoer­s en is onderhewig aan bepalings en voorwaarde­s.

R14 200

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa