Landbouweekblad

REGSAKE WAT NOU MET SERWITUUT?

- BUTCH VAN BLERK

Ek het ’n plaas in Noordwes waardeur ’n pad na my bure loop. Dit is nie hul serwituut nie en was bloot ’n vergunning vir die plaas se vorige eienaars. Die nuwe eienaars wil nou die pad gebruik vir sake-doeleindes en ek weier. Wat is my reg?

’n Vergunning van ’n ryreg kan ná gereelde en openlike gebruik vir ’n tydperk van 30 jaar ingevolge die Verjarings­wet ’n serwituut ten gunste van die gebruiker se eiendom vestig. Het die vorige eienaars dit op só ’n manier vir 30 jaar of langer gebruik, het hulle heel waarskynli­k so ’n serwituut ten gunste van hul eiendom gevestig, waarna hulle nie meer die gebruik van die pad ontsê kan word nie.

Dit hang af of só ’n serwituut wél gevestig het by wyse van verjaring en dit sal bepaal of u regmatig die gebruik van die ryreg kan weier.

Weens die implikasie­s verbonde aan ’n onregmatig­e weiering vir die gebruik van die pad, sal dit u loon om die raad van ’n kundige prokureur te bekom, want die nuwe eienaars kan ’n aansoek om besitverst­euring teen u bring wat onwelkome finansiële gevolge vir u kan inhou. Dié aangeleent­hede is tegnies en heelwat daarvan draai teen ’n astronomie­se koste in ’n hooggeregs­hof. Maak liefs seker en kry ’n kundige se advies om die regte roete te volg.

Mnr. Butch van Blerk is die direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa