Landbouweekblad

Vanaf R215

- LANK LEWE LED

Lightbulbm­oment, ’n spesialism­aatskappy vir LED-beligting van Kaapstad, het ’n nuwe spreilig bekend gestel met ’n lewensduur van tot 50 000 uur. Mnr. David Park-Ross, die eienaar, het ontslae geraak van die omsetters wat normaalweg by LED-ligte gebruik word en geneig is om gou in te gee. “Die spreiligte gebruik aandrywerl­ose wisselstro­om-LEDligte wat op die oppervlak gemonteer is (SMD of surface mount device- tegnologie) om die omsetters uit te skakel. Die SMD-tegnologie verseker ook ’n meer doeltreffe­nde hitte-ontbinding wat bydra tot die spreiligte se lang lewensduur.” Die spreiligte het ’n driejaar-fabriekwaa­rborg teen defektiewe onderdele.

Prys: Die 10 W-model kos R215, die 30 W-model R462, die 50 W- model R715, die 100 W- model R1 575, die 150 W- model R2 278 en die 200 W-model R3 630. Die pryse sluit BTW in en die spreiligte kan landwyd afgelewer word (teen ekstra koste).

Ontbeende springbokb­oud op ’n bed van uie en aartappels

Wildsboud wat só gaargemaak is, is altyd sag en sappig. Die resep is spesiaal vir lesers wat vra vir idees met wildsboud sonder die tradisione­le geure van naeltjies en lourier.

1 middelslag-springbokb­oud, ontbeen en oopgevlek 500 ml karringmel­k 15 ml geroosterd­e koljander 15 ml gemaalde swartpeper 45 ml olyfolie 1 groot ui, in baie dun ringe gesny 2 middelslag-aartappels, geskil en in baie dun skyfies gesny 3 knoffelhui­sies, fyn gekap

Sout, varsgemaal­de swartpeper 3 repe vet spekvleis, in stukkies gesny 200 ml vleisaftre­ksel 60 ml vrugteblat­jang Gemaalde koljander na smaak 125 ml room

Sit die boud in ’ n groot plastieksa­k. Meng die karringmel­k, koljander en swartpeper en gooi dit oor die boud in die sak. Druk al die lug uit die sak en verseël. Laat marineer die vleis in die yskas vir minstens 7 uur, maar tot 3 dae.

Voorverhit die oond tot 160 °C. Gooi die olyfolie in ’n plat, vuurvaste swaarboomp­ot en pak lagies uie, aartappel en knoffel daarop. Geur goed met sout en peper. Stop die boud oraloor met stukkies spekvleis en sit bo- op die uie- en- aartappelb­ed neer. Meng die aftreksel en blatjang en giet bo-oor alles. Geur die vleis bo-op goed met sout en peper en sprinkel gemaalde koljander na smaak oor. Drup nog ’n bietjie olyfolie bo-oor die vleis en bedek goed. Oondbak vir ongeveer 2 tot 2½ uur, of totdat die vleis en groente sag en gaar is. Laat rus vir 10 minute. Sny die vleis en pak dit bo-op die sagte groentebed. Drup die room egalig bo-oor, bedek en bak vir nog 30 minute totdat die sous borrel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa