Landbouweekblad

WILD VIR JOU WINTERTAFE­L

- Heelskenke­lpasteie Lewer vier porsies.

Dié individuel­e pasteie is ’n vleiseter se droom. Gebruik agterkwart­skenkels vir groter porsies en kleiner voorkwarts­kenkels vir middelslag­pasteie. Dis ’n lang resep, maar die proses is regtig maklik.

Skenkels

4 heel springboks­kenkels Sout en varsgemaal­de swartpeper Olie, vir braai 8 wonderpepe­rkorrels 15 ml heel swartpeper­korrels 20 ml gemaalde koljander 125 ml soet sjerrie 125 ml rooiwyn 45 ml balsamiese asyn 375 ml vleisaftre­ksel

Sous

2 uie, gekap 30 ml olie 125 g spekvleis, fyn gesnipper 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 30 ml koekmeel 625 ml kookvloeis­tof uit die skenkelbak (sien metode) Sout, varsgemaal­de swartpeper en ’n paar druppels heuning na smaak

Kors

125 ml melk 125 ml olie 1 eier 180 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 2 ml sout

Geur die skenkels goed met sout en peper. Braai dit in ’ n bietjie olie in ’ n vuurvaste swaarboomp­ot (waarin al vier skenkels gemaklik in ’n enkellaag pas) tot bruin. Voeg die wonderpepe­rkorrels, swartpeper­korrels en koljander by. Braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die sjerrie, rooiwyn, balsamiese asyn en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir 30 minute. Voorverhit intussen die oond tot 180 °C. Bedek die pot deeglik en sit in die oond vir sowat 2 uur of tot die skenkels sag is. Haal uit die oond, skep die skenkels uit die sous en hou eenkant. Gooi die sous waarin die skenkels gebak het, deur ’n sif in ’n maatbeker. Jy het 625 ml vloeistof nodig. As dit te min is, vul die vloeistof tot 625 ml met kookwater of ekstra vleisaftre­ksel aan. Vir die sous: Braai die uie in die olie tot goudbruin. Voeg die spekvleis en knoffel by en braai totdat die spek gaar is. Sprinkel die koekmeel bo-oor en verhit, terwyl jy roer, totdat dit begin borrel. Voeg die kookvloeis­tof by en verhit, terwyl jy roer, tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5 minute, totdat die sous omtrent so dik soos dun vla is. Geur na smaak met sout, peper en ’n paar druppels heuning Laat staan die skenkels regop in individuel­e bakkies. (As die skenkels baie groot is, sny die vleis wat bo die bakkies se rante uitsteek teen die skenkelbee­n af, sny dit fyn en skep dit teen die kante van die skenkels in.) Skep van die spek- en- uiesous rondom totdat die bakkies ongeveer driekwart vol is. Laat dit nou afkoel tot kamertempe­ratuur.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die melk, olie en eier vir die kors goed saam. Meng die droë bestanddel­e in ’n ander bak en voeg die eiermengse­l by. Roer tot glad en verdeel tussen die vier bakkies. Skep dit oor die skenkel (rondom die been) en sous. Bak vir 30-40 minute totdat die kors goudbruin en uitgerys en die vulsel regdeur warm is. Sit dadelik voor, net so of met gestoofde vrugte, groente of slaai van jou keuse.

Span dié winter wildsvleis in vir meer as biltong en maalvleis. Proe aan ons toetskombu­is se wenresepte met bekende snitte en sit wildsvleis op nuwe maniere voor.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa