Landbouweekblad

Fynvleis op spätzle

- 6-8 porsies.

Fynvleis is nie net goed vir pastei nie. Dit maak ook heerlike patee en is net so, op tuisgemaak­te spätzle, ’n smullekker winterete. Spätzle is ’n soort Duitse eiernoedel, baie soos klein kluitjies, wat eers in water gekook en dan in botter of olie gebraai en as bykos voorgesit word.

Fynvleis 250 g spekvleis, gesnipper 1 kg wildsvleis (blad, nek, of skenkel), in stukke gesaag 45 ml olie 1 ui, gekap 10 ml sout 3 ml swartpeper Water Kruiebonde­ltjie wat bestaan uit: 2 lourierbla­re, 3 takkies tiemie, 2 takkies roosmaryn, 1 takkie oreganum, ’n paar swart peperkorre­ls en ’n groot takkie pietersiel­ie 30 ml botter 25 ml koekmeel 60 ml port of soet sjerrie

Spätzle

560 ml koekmeel 5 ml sout 1 ml neutmuskaa­t 3 eiers 180 ml melk, ekstra indien nodig

Braai die spekvleis en wildsvleis saam in ’n bietjie olie in ’n swaarboomp­ot bruin. Voeg die ui by en braai tot gaar. Voeg die sout, peper en kruiebonde­ltjie by en voeg genoeg water by om alles goed te bedek. Verhit tot kookpunt en kook stadig totdat die vleis van die bene af val. Kyk gereeld of daar water kort en voeg by soos nodig. Laat die vleis effens afkoel en haal die bene en kruiebonde­ltjie uit. Pluis die vleis met ’ n vurk of sny dit fyner. Smelt die botter in ’n pannetjie totdat dit effens begin verbruin. Voeg die meel by en verhit totdat dit begin borrel. Voeg die port of sjerrie by en verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Voeg die mengsel by die fynvleis en kook dit goed deur. Geur na smaak en sit voor. Spätzle: Meng die meel, sout en neutmuskaa­t in ’n bak. Voeg die eiers en 180 ml melk by. Meng goed tot ’ n gladde beslag. Voeg melk by as die beslag te dik is om deur ’ n vergiettes gevryf te word.

Verhit ’n pot water met ’n bietjie sout in totdat dit vinnig kook. Skep die spätzle-beslag in ’n vergiettes en vryf en skraap dit met ’n lepel deur die gaatjies tot in die kookwater in die pot. Kook die spätzle vir 2 minute en skep met ’ n gaatjiesle­pel uit in ’ n bak met ’ n bietjie gesmelte botter daarin. Skud die

bak om die spätzle met ’ n dun botterlagi­e te bedek. Om voor te sit: Verhit ’ n bietjie botter of olie in ’n pan en braai die spätzle tot goudbruin. Sit die fynvleis op die spätzle voor en rond af met gekapte, vars kruie of gremolata. Lewer ses porsies.

Springbokr­ugstring gevul met bosbessies en camembert

Ek is gelukkig om ’n paar goeie slagters te ken op wie se nommer ek kan druk as ek enige soort of snit vleis vir ’n fotosessie nodig kry. Hennie van Cape Venison is my wildsvleis­man. Dié gevulde rugstring is een van sy sterresept­e. Jy sal verbaas wees hoe lekker die geur van die sterk kaas by die wildsvleis pas.

1 heel springbokr­ugstring Sout en vars gemaalde swartpeper Olyfolie Balsamiese asyn 1 heel camembert, in dun skywe gesny 180 ml bosbessies ( cranberrie­s) 1 pak (250 g) repiespek

Vlek die rugstring oop en geur met sout en peper. Besprinkel met olyfolie en balsamiese asyn en laat marineer vir minstens 2 uur. Vul die rugstring met camembert en bosbessies. Draai die spek om die gevulde rugstring totdat dit heeltemal bedek is.

Voorverhit die oond tot 200 °C en sit die rugstring op ’n uitgevoerd­e bakplaat. Oondrooste­r vir ongeveer 20 minute, laat rus vir 10 minute en sny in porsies. Sit voor met

Tamatiebre­die met springboks­kenkel

1 kg sprinkboks­kenkels, in skywe gesaag Olie 2 uie, gekap 2 stele seldery, gesnipper 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 heel wonderpepe­rkorrels 5 ml gemaalde koljander Knypie fyn gemmer 2 lourierbla­re 10 ml worcesters­ous 375 ml vleisaftre­ksel Water 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties 3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 3 wortels, geskraap en in stukke gesny Sout, varsgemaal­de swartpeper en suiker na smaak 60 ml blatjang

Braai die vleis in ’ n swaarboomp­ot in die olie tot bruin. Voeg die uie, seldery, knoffelhui­sies, speserye en lourierbla­re by en braai vir 5 minute. Voeg die worcesters­ous en aftreksel by, verhit tot kookpunt en bedek. Prut stadig vir ongeveer 1½ uur. Voeg ekstra water by as dit lyk of die vloeistof te min word. Voeg die tamaties, aartappels, wortels, sout, peper en suiker na smaak by en prut vir nog ’n uur. Roer die blatjang by en sit voor. Lewer vier porsies.

kapokaarta­ppel en groente of slaai.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa