Landbouweekblad

Die alleenbull­e

-

Ek het die ou blouwildeb­eesbul van ver af gesien waar hy aan die ander kant van ’ n waterloop in ’ n groenbrand wei. Met die .375 oor my skouer het ek my uitkykpos op die bult verlaat en ’n plan gemaak om die bul te probeer uitoorlê.

Ek het versigtig begin bekruip en eens deur die lopie met sy skraal watertjie en steil walle het ek oor die verste wal geloer. Die bul het sowat 150 m weg rustig gewei. Ek moes nader gaan omdat my geweer ’n oop visier het. Halfpad tussen ons was ’ n effense walletjie wat ’ n bietjie dekking kon bied.

Met die geweer dwars oor my skoot het ek plat op my boude begin aanskuifel en elke keer gestop as die bul sy kop optel. Die afstand het stadig gekrimp, maar die wind het skielik gedraai. Oomblikke later het die blouwildeb­ees se kop opgeruk. Hy het die lug getoets en toe met ’n enkele snork laat vat na die digte bome anderkant die groenbrand.

Ek geniet dit om blouwildeb­eeste in digte bos te jag (veral met die .375 met sy oop visier) want dié bokke laat jou soms aan buffels dink . . . ’n donker dier met wye bakhorings. Iets in dié lelike, mooi diere se houding het jare gelede in my hart gekruip. Die diep bors, sterk nek en Romeinse neus laat ’n blouwildeb­eesbul gedug vertoon. Sy horings is nie so imposant soos dié van die koedoe nie, maar tog is ’n stille trots en innerlike krag in die groot bulle se houding te bespeur.

Wat my nog meer van hulle laat hou, is dat blouwildeb­eeste in ons droë streke kan aanpas en oorleef. Dan het dié diere mos ’n hangkophou­ding wat dit laat lyk asof hulle die hele wêreld op hulle skowwe dra. Territoria­le bul-

DROOMBOME

Jy kan nie anders as om empatie met hulle te hê nie, want die wet van die natuur is duidelik – vir die oues is daar nie plek in die trop nie, hulle word eenkant toe geskuif, om roofdier- en aasvoëlkos te word. Omdat ek, soos baie ander, soms menslike emosies aan diere toedig, wonder ek wat in dié ou bulle se gedagtes omgaan as hulle so hangkop die lang ure om lê of staan . . .

Ek is die bosse in met ’ n ompad om die bul voor te sny en die wind in my guns te kry. Hy het nie ver gehardloop nie en toe ek hom opspoor, het hy weg van my af in die rigting van die groenbrand gekyk. Toe ek die geweer lig, het hy skielik omgekyk. Het ’n sesde sintuig hom dalk gewaarsku? Die swaar koeël het laag op sy blad getref en hy het op dolle vaart weggesprin­g, maar sy bene het hom skaars 20 m gedra.

Ek het ’n rukkie by die ou slytbekbul gesit voordat ek sy pens uitgehaal, en begin aanstap het kamp toe. Terwyl ek stap, het ek aan die talle ou alleenbull­e gedink wat elke dag regoor Afrika hul eie geselskap opsoek.

Ek het gewonder of hulle genoeg herinnerin­ge in hul leeftye bymekaar gemaak het, want as jy eers na die die droombome toe gedwing word, is dit net die kuiertjies op gister se spore wat die lang ure draaglik maak.

Ek het vinniger begin stap, haastig om by my familie uit te kom. Skielik wou ek bevestigin­g kry dat ek nog deel is van die trop en dat die droombome waar ek – soos ons almal maar – op die Groot Stilte moet gaan wag, vir eers nog nie my voorland is nie. Koos Barnard is redakteur van SA Jagter.

Ou bulle word uit die trop verstoot, sê die wet van die natuur. Dan is dit net die kuiertjies op gister se spore wat die lang ure draagliker maak. Ek wonder wat in dié ou bulle se gedagtes omgaan as hulle so hangkop die lang ure om lê of staan. Dis verblydend om te weet dat God altyd ’n ontvlugtin­gsroete vir Sy kinders gereed hou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa