Landbouweekblad

’N MAN VAN ELKOS

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Nahum was ’ n Elkosiet. Dit beteken hy is waarskynli­k in die kleinerige dorpie Elkos, in die suide van Juda, gebore en het daar grootgewor­d. Dit was dáár waar hy ’ n openbaring ontvang het om die ondergang van die Assiriese ryk en die oordeel oor die stad Ninevé aan te kondig.

Wie hierdie man was en wat hy eers gedoen het, weet ons nie. Dit was seker nie belangrik nie. Wat wél interessan­t is, is dat God Sy boodskappe­r uit hierdie klein dorpie gaan haal en aan hom opdrag gee wat menige sogenaamde groot gees sou laat steier het.

Dit was ’ n donker tyd in Juda se geskiedeni­s en die hoofstad, Ninevé, met sy duisende inwoners, was nie sonder rede as die bloedstad bekend nie. Moord en doodslag, bedrog en geweld en grootskaal­se plundering was aan die orde van die dag.

Inderdaad was Ninevé ’n gevreesde vyand wat soos ’n leeu geheers het en vir wie die prooi nie ontbreek het nie ( vgl. Nahum 2:11-12). Vir Nahum was dit stellig ’n berekende waagstuk om met doodsverag­ting die ondergang van Ninevé aan te kondig, maar vir die Here se volk het Nahum se boodskap toekomshoo­p gebring. Te midde van die ellende is daar ook troos wanneer Nahum uitroep: “Kyk, daar oor die berge kom ’ n boodskappe­r aangehardl­oop wat goeie nuus aankondig. Vier jou feeste, Juda, betaal jou geloftes! Die verdrukker sal nie weer deur jou land trek nie, hy is verslaan, vernietig” (Nahum 1:15). “Ninivé is soos ’n dam waarvan die water uitloop” (Nahum 2:8).

Dis nogal interessan­t as ’n mens lees dat die vyand met rooi geverfde skilde en rooi uniforms tot die stryd oorgaan (Nahum 2:3). Die vyand wil met hulle voorkoms “gesien” wees en vrees inboesem. Dis verblydend om te weet dat God altyd ’n ontvlugtin­gsroete vir Sy kinders gereed hou – mits hulle hul God nie vergeet nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa