Landbouweekblad

Puik tegnologie met warm hart

-

Die wêreld in Noordwes tussen Lichtenbur­g en Ventersdor­p is Casewêreld. Mnr. Matroos Myburgh, takbestuur­der van Case Lichtenbur­g, sal jou vertel dat die maatskappy ’n markaandee­l van 54% in trekkers en werktuie het, en dat die familie-verhouding tussen Case en sy boere hier gestalte vind.

Dit is ook hier, tussen Koster en Lichtenbur­g, waar mnr. André du Preez reeds 23 jaar lank boer.

Die Du Preez’s boer al geslagte lank in die omgewing: eers André en sy broer, Kobus, se pa André, daarna die twee seuns op afsonderli­ke plase, en nou André se seuns, André, wat heeltyds saam met sy pa boer, en Waldo, wat tans aan die Universite­it van die Vrystaat studeer, maar wat ook gedurende vakansiety­e inspring.

André plant wit mielies, sojabone, graansorgh­um, ertjies en koring aan. Die ertjies word as wintergewa­s aangeplant, gevolg deur suikerbone.

André sê hy het 17 jaar gelede besluit om te begin meganiseer en dit is waar sy verhouding met Case begin het.

GROTER MEGANISASI­E

“Die landbou-omgewing het begin verander in die rigting van groter meganisasi­e. Ek moes dus besluit watter fabrikaat die beste in my boerderybe­hoeftes kon voorsien. Ek het verskillen­de fabrikate ondersoek en met verskeie maatskappy­e gesels. Op die ou einde was dit die tegnologie­se voordeel wat Case gehad het, wat my laat besluit het om ’n pad saam met hom te stap.”

André sê hy het aanvanklik net Case-trekkers gebruik. (Sy eerste Case-trekker was ’n Maxxum 125 wat hy gekoop het om mee te ploeg). Sy verhouding met Case het oor die jare ontwikkel tot waar hy vandag ook Case-werktuie in sy boerdery gebruik.

“Ek het my hele vloot oorgeswaai na Case toe en ek was nog nie ’n dag spyt nie,” sê hy.

Ná die Maxxum 125 het André opgegradee­r na die Magnum 270, gevolg deur twee Steiger STX 430’s, en van daar af het hy sy meganisasi­e aangepas om vandag te kan spog met die twee Steigers, ’n 7130 Case-stroper, ’n 4420 Patriotspu­it, twee Maxxum 125’e, een Magnum 310, en drie Case JX95’s.

LOJALITEIT

Dis duidelik dat André se lojaliteit teenoor Case diep deur sy are vloei. Maar dis beslis nie ’n eenrigting-lojaliteit nie.

“Case se verhouding met sy boere is ’ n familie- ding. Jy ry amper dorp toe net om by jou takbestuur­der te gaan koffie drink,” sê hy en glimlag breed.

“Dit laat ’n mens welkom voel as jy daar instap. Vir die mans is dit dalk lekkerder, maar dalk nie soveel vir hul vroue nie, want êrens weet hulle hier kom weer ’ n koop- ding deur,” sê hy laggend. André sê Case se diens lê hom na aan die hart.

“Ek is in die gunstige posisie dat my boerdery tussen twee takke geleë is, met die Case-tak op Lichtenbur­g en Case Ventersdor­p wat albei sowat 40 km van my af is.

“Albei takke se ondersteun­ing van my boerdery is ongeloofli­k. Diens is sekerlik die belangriks­te maatstaf waaraan ’n boer sy vennote meet.

DIENSBAKKI­E

“Ek sê graag vir medeboere dit gaan nie oor die ‘ showroom’ nie, dit gaan oor die diensbakki­e op die agtergrond. Case vergestalt dié siening vir my.

“As ek ’n probleem het, ongeag die tyd van die dag of nag, kan ek hul tegnici bel en hulle staan my by, elke keer. Die kere wat ek ’n onderdeel dringend nodig 

’n Verhouding gebou op ondersteun­ing, diens en uitstaande gehalte vind gestalte op hierdie boer se plaas tussen Lichtenbur­g en Koster.

FOKUS

 gehad het, het die Lichtenbur­g-tak selfs ’n voertuig na hul hoofkantoo­r in Isando gestuur om seker te maak die onderdeel kom betyds by my uit. Hulle gaan daai ekstra myl vir ’n ou. En dit is wat lekker is,” sê hy.

Tegnologie is altyd ’n bespreking­spunt wanneer dit by landboumas­jinerie kom en André benadruk dat Case se tegnologie bobaas bly.

BYBLY MET TEGNOLOGIE

“In vandag se dae, as jy nie bybly met tegnologie nie, raak dit te duur later om weer in te haal. Case kom elke keer met nuwe tegnologie vorendag wat dit vir die boer makliker maak om sy dagtaak te verrig.”

As voorbeeld noem hy die Case 4420 Patriotspu­it wat toegerus is met Case se bewese AIM Command -spuitstels­el. Dit stel

® die spuit in staat om selfs in moeilike omstandigh­ede elke keer die regte hoeveelhed­e van die spuitstof toe te dien.

“Die spuit laat my toe om kunsmis en onkruiddod­er toe te dien deur ’n eenvoudige verstellin­g op die spuit te maak. Dit is die tipe tegnologie wat jou die voordeel gee,” sê hy.

DEEGLIKE OPLEIDING

Om te verseker dat elke stuk tegnologie reg aangewend word, ontvang elke tegnikus by Case deeglike opleiding en André meen dat die kennis van hul produkte in sy gesprekke met die manne deurkom.

“Die kennis van elke mens wat met Case-produkte werk, is fantasties. Wanneer ek byvoorbeel­d met een van die takbestuur­ders gesels en die man vertel my van ’n nuwe stuk tegnologie wat Case op sy toerusting aanbring, maak dit jou sommer lus om te sê: ‘Ek boer volgende jaar weer’. ”

André draai geen doekies om nie: “Ek is ’ n Case- man. En ek is trots om dit te kan sê.”

ONDER: Stoppelbew­erking word maklik gemaak met ’n perfekte kombinasie van die T8-reeks en die Maschio Gaspardo UFO.

LIZA BOHLMANN

1 EN 2: Van links is mnre. Pieter de Kok, die trotse eienaar van die Rovic 3600 L-kleingraan­skyfplante­r, by Dupie du Plessis van SSK Riversdal en Jaco Erasmus, verkoopsma­n van Rovic Leers.

3 EN 4: Die Rovic 3600 L bewerk die plaas Die Vlakte by Riversdal se uiters klipperige grond met gemak. Kleingrane, soos koring, hawer en gars, word saam met kanola verbou.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa