Landbouweekblad

Skyfplante­r tem klipperige grond

-

Graanboere wat Rovic se kleingraan­skyfplante­r gebruik, kan getuig van die wer k t u i g s e waar - devolle bydrae tot hulle boerderysu­kses.

Een van dié boere wat sy stem voeg by aanhangers van Rovic Leers se dienste en produkte, is mnr. Pieter de Kok van die plaas, Die Vlakte, naby Riversdal in die Suid-Kaap.

Pieter het sy kleingraan­skyfplante­r by SSK Riversdal gekoop en is in die transaksie bygestaan deur mnr. Dupie du Plessis van SSK Riversdal en mnr. Jaco Erasmus van Rovic Leers wat die Rovic 3600 L-skyfplante­r op 15 April vanjaar afgelewer het.

Die Vlakte is ’ n gediversif­iseerde plaas waar Pieter met skaap, bees, hawer, gars, koring en kanola boer.

Onder sy belangriks­te werktuie tel sy ploeg, vlakbewerk­er beitelploe­g, korsbreker­s, voermenger, stroper en snyer. Sy nuwe kleingraan­skyfplante­r word by dié versamelin­g werkesels gevoeg. Die Rovic 3600 L-skyfplante­r spog met 35 skywe teen ’n spasiëring van 200 mm.

Die vier John Deere-trekkers op die plaas moet hard werk om die beste uit die werktuie op die klipperige grond te kry.

Pieter is opgewonde oor die verskil wat die Rovicklein­graanskyfp­lanter maak. Die harde, klipbesaai­de lande is geen probleem vir dié planter nie. “Ons sien die bewyse van hóé ’ n skyfplante­r in hierdie toestande kan werk.”

Volgens hom dra die planter by tot verminderd­e brandstofv­erbruik. ’n Trekker met 93 kW trek die 7 m-planter met gemak en verbruik gemiddeld 3,6 liter per ha. Kalibrerin­g is vinnig en maklik en spaar tyd en moeite.

Die planter se prestasie op klipperige grond bespaar ook baie tyd omdat die skyfplante­r nie die klippe uit die grond loswoel soos ’n tandplante­r nie. Dit is dus nie meer nodig om die los klippe van die lande te verwyder nie. Trouens, die Rovic 3600 L-skyfplante­r kan selfs die moeilikste lande tem te oordeel na sy werksverri­gting op Die Vlakte.

Die opvallende kenmerk van die plantjies wat uit die skyfplante­r se bewerkings­area kom, is dat die wortelsone se ontwikkeli­ng beter is as plante in die tandplante­r se bewerkings­area. Dit voorspel potensieel ’ n groter opname van voedingsto­wwe en vog danksy ’n beter grondprofi­el wat groei ondersteun en droogtewee­rstand verhoog.

Soos Pieter se ondervindi­ng bewys, sny Rovic se skyfplante­r met gemak deur bykans enige grondtipe. Ook ongelyke grond is nie ’n kwessie nie, danksy ’n hidroulies­e drukbalans­seerstelse­l wat die planter in lyn hou met die middelseks­ie.

Die planter hou saad, klein sade en kunsmis in aparte houers. Volgens Pieter plant hy nou teen ’n hoër produktiwi­teit as met sy tandplante­r in dieselfde toestande. Die Rovic- kleingraan­skyfplante­r oortref ook die prestasie van soortgelyk­e planters op die mark omdat dit unieke dubbele skywe het pleks van ’n enkelskyfs­tel.

Die staaldrukw­iel werk uitstekend en is sterk genoeg om selfs op klipperige lande goed te werk en lank te hou. Dit bied ’n voordeel bo ander fabrikate wat meestal rubberdruk­wiele het wat gereeld vervang moet word.

Omdat die skyfplante­r die grond minimaal versteur, kan Pieter nou plant voordat hy sy program vir die bestryding van onkruid toepas. Met konvension­ele planters moes hy voorheen voor planttyd teen onkruid spuit, want met die plantprose­s is onkruid in die grond ingewerk. Die sade was derhalwe beskut teen onkruidmid­dels, net om later op te kom.

Die Rovic 3600 L-planter maak korte mette met harde, klipbesaai­de grond. Dit spaar ook tyd omdat dit tussen die klippe plant. Dié planter tem die moeilikste lande.

ONDER: ’n Omsetter, netjies in die bakkie geïnstalle­er, maak dit moontlik om met ’n verskeiden­heid elektriese toerusting herstelwer­k in die veld te doen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa