Landbouweekblad

Vakkundige tegnici, puik diens onderskei John Deere

-

Om met die beste in di e wêreld t e kan meedi n g , moet ’ n maatskappy se diens aan s y kli ënte hul beste verwagting­e oortref. Vernuwing speel ’ n sleutelrol, en dit is waar John Deere se tegnici staatmaak op hul volledig toegeruste bakkies om boere hul volle ondersteun­ing te bied.

Mnr. Cobus Botha, werkswinke­lbestuurde­r van Afgri Meganisasi­e op Delmas, sê die bakkies bring vir boere groot besparings mee, want ’ n trekker hoef nie meer na die werkswinke­l te gaan vir herstelwer­k of versiening­s nie. “Die bakkies waarmee John Deere se tegnici toegerus word, het ’n groot verskeiden­heid gereedskap sodat hulle die meeste herstelwer­k in die veld kan doen. Ons kan ’n trekker versien waar hy staan, wat beteken dat die boer gouer weer sy trekkers aan die werk kan sit,” sê hy.

Die John Deere- bakkies is ’ n wonderwêre­ld van ontwerp, met onder meer ’ n kompressor wat lugdrukger­eedskap kan aandryf, ’ n 220 V- omsetter en verskeie laaie vir onderdele, gereedskap en ander toerusting.

Boonop is die bakkies toegerus met ’ n spesiale olietenk waarin gebruikte olie gehou word. Die tenk word later by die werkswinke­l in ’n spesiale houer afgetap, en deur Oilkol herwin.

“Dit hou vir die boer en vir John Deere voordeel in. Die boer kan op ’n wettige, maklike manier van gebruikte olie op sy plaas ontslae raak en John Deere verdien ’n inkomste uit die herwinning van die olie,” sê Cobus.

Die kompressor kan lugdruktoe­rusting soos wringsleut­els aandryf om boute en moere los te maak, terwyl die omsetter elektriese gereedskap, soos ’n boor of hoekslyper, aandryf. Die wisselrigt­er dien as rugsteun vir die skootreken­aars waarmee elke tegnikus toegerus word.

“Soms moet ’n tegnikus lank in die veld werk en die skootreken­aar se battery bly net so lank sterk genoeg,” sê Cobus. Benewens die tegniese inligting vir elke John Deere-masjien wat op die skootreken­aars vervat word, bied die rekenaars ook aan John Deere se tegnici toegang tot John Deere se Dealer Technical Assistance Centre (DTac).

“DTac is ’n wêreldwye stelsel wat deur John Deere-tegnici gebruik word om foute met John Deere-toerusting te help identifise­er en te herstel. As ’n tegnikus byvoorbeel­d ’n trekker nasien en ’n fout kom voor wat hy nie kan herstel nie, kan hy op die stelsel ingaan en ’n verslag deurstuur. Oor die hele wêreld hou ’n span tegnici van John Deere die stelsel dop om met die navrae te help.

“Die tegnikus kry normaalweg binne twintig minute tot ’n uur ’n antwoord oor die fout en die manier waarop dit herstel kan word. Vir boere bied die stelsel ’ n groot voordeel, veral tydens stroop- of planttyd,” sê mnr. Carel Theron, bemarkings­bestuurder van John Deere Suid-Afrika.

Vir John Deere is die vaardighei­d van sy tegnici van sleutelbel­ang.

Tegnici word in verskillen­de vaardighei­dsvlakke opgelei, met vakleerlin­ge op vlak 1. “Ingevolge John Deere se regulasies moet elke gekwalifis­eerde tegnikus ten minste ’ n vlak 2- kwalifikas­ie verwerf,” sê Cobus. Daarna word die tegnikus opgelei in kliëntedie­ns en bemarking vir sy vlak 3-kwalifikas­ie. “Vanaf vlak 4 word ’ n tegnikus ’ n spesialis en kan hy hom toespits op ’ n spesialite­itsrigting, soos presisiebo­erdery, of op ’n spesifieke werktuig,” sê Cobus.

Carel sê John Deere het meer as 500 tegnici landwyd wat op navrae kan reageer. Dit bring mee dat ’ n tegnikus binne sowat ’ n uur op ’ n boer se plaas kan wees as die probleem nie telefonies opgelos kan word nie.

“Ons brei ons groep tegnici uit en terselfder­tyd het ons die tegnikus- beroep omskep in ’ n gesogte posisie met profession­ele mense wat na ons kliënte omsien,” sê Carel.

John Deere se tegnici word met die jongste tegnologie toegerus om te verseker dat diens aan sy boere voorrang geniet.

NAVRAE: Tel. 012 719 9062/3 besoek www.radium.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa