Landbouweekblad

PowerRip se kragverton­ing beïndruk

-

Die grootste verskil tussen die nuwe PowerRip en die vorige modelle is die opsie om ’ n dubbel e s t e l rollers te gebruik. Verskillen­de modelgroot­tes i s beskikb aar wat vanaf drie tande tot ’n wye skeurtandp­loeg met 15 t ande kan wissel.

Danksy Radium se ingenieurs­vernuf verseker die PowerRip-modelle se ontwerp doeltreffe­nde energiever­bruik.

“Die nuwe generasie het ’ n sterker raam en is effens swaarder as sy voorganger. Dit beïnvloed egter nie die hoeveelhei­d krag wat ’ n trekker nodig het om die PowerRip te trek nie,” sê mnr. Mike Roest, uitvoerend­e hoof van Radium Engineerin­g. “Dit is die tande wat bepaal hoe groot en sterk die trekker moet wees. Ons werk op tussen 18 kW en 25 kW per tand.”

Van die verskille tussen die tweede en derde generasie PowerRip is in die raam se ontwerp opgesluit. “Ons het plat stawe pleks van vierkantpy­p gebruik. Die dieptebehe­erwiele is hoog- teverstelb­aar en bykomende vering op die parallelst­awe verhoog die afwaartse druk van die werktuig op die grond,” sê Mike.

“Die rollers van verskillen­de groottes draai teen verskillen­de snelhede en maak só ’ n beter saadbed. Dit is ’ n verbeterin­g op die enkelrolle­r op die vorige modelle.”

Die PowerRip se gewig word na die voorwiele van die trekker oorgedra deur middel van die boonste skakel. Dit verminder wielglip. Om rolweersta­nd te verminder en brandstofv­erbruik te optimalise­er, het die werktuig nie groot drawiele nie.

Die tanduitleg van die PowerRip verminder die aanpakking van oesreste en verminder slytasie. ’ n Maksimum werksdiept­e van 550 mm en ’ n maksimum werkspoed van 7,5 km/h maak van die PowerRip ’n praktiese en veelsydige werktuig vir primêre grondvoorb­ereidingst­ake.

Tandspasië­ring van 450 mm of 500 mm is beskikbaar. Die groter tandspasië­ring vergroot natuurlik die werkswydte, maar vereis geen bykomende perde- krag van die trekker nie. Dit is veral geskik vir lande met baie oesreste, danksy die verbeterde materiaalv­loei.

Die vierhefboo­muitskopme­ganisme is ontwerp om die werktuig te beskerm. As ’n obstruksie in die grond meer as 18 kN krag op die punt uitoefen, sal die meganisme uitskop en die tand toelaat om vrylik oor hinderniss­e te beweeg voor dit terugstel na die werkende posisie. 1. Die nuwe, derde generasie PowerRip-skeurtandp­loeg van Radium Engineerin­g in sy “werksklere” op die land. 2. ’n Sterker, effens swaarder raamwerk maak van die PowerRip ’n taai kalant wat kans sien vir die strafste grondbewer­kingstake. 4. Verskillen­de opsies vir die hoeveelhei­d tande op die PowerRip is op bestelling beskikbaar.

5. Mnr. Mike Roest, uitvoerend­e hoof van Radium Engineerin­g.

Die derde generasie PowerRip van Radium Engineerin­g is net so betroubaar soos sy voorganger­s en bied ’n paar nuwe eienskappe vir beter grondbewer­king en saadbedvoo­rbereiding.

Hou ’n ogie oor alles op jou plaas met die hulp van John Deere se FarmSight™, ’n nuwe bestuurstr­ategie wat werktuigin­ligting deurlopend beskikbaar stel.

Hael, vloede, droogte of plae: Boere hoef nie die spit af te byt nie. Mutual & Federal het aangekondi­g dat hy hierdie seisoen die oesverseke­ringsmark ernstig benader en sy kapasiteit in die mark wil vergroot.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa