Landbouweekblad

Neem produktiwi­teit na ’n nuwe vlak met tegnologie

- NAVRAE: Tel. no. 011 437 2600 of www.farmsight.com

Om winsgewend­heid t e v e r b e t e r, moet boere kyk na maniere om hul produksiek­oste te verminder deur beter doeltreffe­ndheid en tegnologie.

“In hierdie toestande is die voordele wat die boere uit tegnologie kan put, toenemend belangrik,” sê mnr. Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere Financial (in Afrika suid van die Sahara).

Landboudoe­ltreffendh­eid se voordele kan afgelei word van ’n verskeiden­heid van tegnologie, insluitend­e saadtegnol­ogie, meganisasi­e en presisiebo­erdery.

Hoewel die aanvaardin­g van tegnologie kapitaalui­tleg vereis, kan die finansiële voordele van verbeterde doeltreffe­ndheid groot wees. Al dié voordele sal uiteindeli­k op groter oeste en laer produksiek­oste uitloop. Voordele sluit in: ■ Beter grondvoorb­ereiding; ■ ’n Beter ontkieming­koers; ■ Minder onderhoud en herstel

tyd aan masjinerie; ■ Die doeltreffe­nder toediening van kunsmis en chemikalie­ë; en ■ Beter beplanning. onlangs sy FarmSight ™ - stelsel bekend gestel.

FarmSight ™ is ’ n nuwe bestuurstr­ategie vir werktuigin­ligting. Vanuit die staanspoor is die bestuurstr­ategie daarop gemik om die boer se behoeftes te verstaan. Die stelsel kombineer toerusting, tegnologie en kennis van die plaaslike John Deere-handelaar.

“Hierdie tegnologie is ontwerp om boere se produktiwi­teit in bykans enige toestande te verbeter,” sê Jacques.

DRIEDUBBEL­E VOORDEEL

Daar is drie wyses waarop John Deere FarmSight™ kan help om jou boerdery se produktiwi­teit en winsgewend­heid te verbeter.

Eerstens is daar masjienopt­imaliserin­g wat jou toelaat om die onderhoud van toerusting en werktuie maklik te bestuur. Dit monitor ook werktuie se belangriks­te masjiendat­a, soos brandstofv­lakke, onderhoud en diagnostie­se kodes.

Tweedens help FarmSight ™ om logistiek te optimalise­er. Dit laat jou toe om jou werktuie te volg van enige plek waar die gebruiker koordlose opvangs het, selfs in afgeleë gebiede. Die stelsel verskaf aan operateurs kaarte en aanwysings om tyd te bespaar.

Derdens help agronomies­e optimalise­ring die boer om te reageer op veranderen­de omstandigh­ede en om risiko te bestuur danksy maklik bekombare, tydige inligting oor sy boerderybe­drywighede.

OMVORM BEDRYFSDAT­A

Deur hierdie tegnologie te gebruik, kan boere hul bedryfsdat­a omvorm in nuttige, inligtings­gebaseerde insigte wat kan help om produktiwi­teit en potensieel ook hul inkomste, te verbeter.

FarmSight™ is daarop gemik om boerderye produktiew­er en doeltreffe­nder te maak. John Deere doen daarom bykomende stappe om FarmSight ™ te integreer om hersteltyd­perke te verminder.

“Met talle boere wat deur afwaartse druk op produktepr­yse in die gesig gestaar word, is tegnologie soos hierdie wat produktiwi­teit aanmoedig, beslis iets om sterk te oorweeg,” sê Jacques.

Boerdery verg baie vernuf en word beïnvloed deur toestande waaroor boere nie altyd beheer het nie. Weens groter oordragvoo­rrade en rekordoest­e in Amerika (die grootse voorrade sedert 1988) is produktepr­yse wêreldwyd onder druk. ’n Gevolg daarvan is dat die winsgewend­heid van boerderye in die tradisione­le graansekto­r ook onder druk is.

Met hierdie voordele in gedagte het John Deere Suid- Afrika

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa