Landbouweekblad

Is oesverseke­ring nog relevant vir die land?

-

Die landbou vorm die grondslag van ’ n volhoubare en groeiende ekonomie. Met heelwat skakels op en af in die waardekett­ing, is dit duidelik dat enige versekeraa­r wat die landbou ignoreer, dit op eie risiko doen.

Natuurlik is die ekonomiese aktiwiteit belangrik, maar ’ n mens moet nie vergeet dat daar ook op politieke en maatskapli­ke gebied goeie redes is om die landbou te ondersteun nie.

LANDBOU-EKONOMIE

Die ekonomie is definitief afhanklik van landbou se bydrae. As die bydrae op primêre gebied, die skakeling in die waardekett­ing en verwerking van landboupro­dukte bymekaarge­tel word, is die bydrae tot die bruto binnelands­e produk (BBP) meer as 30%.

Op politieke vlak word die landbou erken as een van die sleutelsak­e op die nasionale agenda. Dit is daarom vervat in die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan. Die Minister van Finansies het dit ook beklemtoon in sy onlangse Begrotings­toespraak waar hy verwys het na die “prioriteit van die landbou en die ondersteun­ing daarvan.”

Op sosiale vlak het die landbousek­tor ’ n impak op elkeen van ons, nie net ten opsigte van voedselsek­erheid nie. Tans is 8,5 miljoen Suid- Afrikaners regstreeks en onregstree­ks afhanklik van die landbou vir werk en huishoudel­ike inkomste.

In ’n land waar ’n groot deel van die bevolking in landelike gebiede woon en primêr afhanklik en betrokke by die landbou is ter wille van oorlewing, spreek dit vanself dat Mutual & Federal geen keuse het as om dié sektor te ondersteun nie. Ter wille van die voortbesta­an van almal in die land kan dit nie anders nie.

Ekonomies, polities en op maatskapli­ke vlak is die strategies­e waarde van die landbou onbetwisba­ar. Old Mutual se strategie is om die verkose geintegree­rde verskaffer van finansiële dienste op die vasteland te wees. Mutual & Federal Agri, ’n leier in bate- en oesverseke­ring en deel van die Old Mutualgroe­p, is lank reeds ’ n vertrou- de versekerin­gsvennoot van die Suid-Afrikaanse boer. boer se alledaagse bestaan. Die droogte van die pas afgelope seisoen is ’n bewys van ’n boer se kwesbaarhe­id.

Die natuur bly onvoorspel­baar. Dit is juis hierdie onvoorspel­baarheid wat boere dwing om versekerin­g, en in besonder oesverseke­ring, uit te neem. Dit is egter belangrik om daarop te let dat weerstoest­ande maar een van baie risiko’s is wat die lewe van ’n boer kan moeilik maak.

Risiko’s kan nie heeltemal uitgeskake­l word nie, maar daar is versekerin­g beskikbaar wat die boer in ’n posisie plaas om doeltreffe­nde risikobest­uur toe te pas.

OESVERSEKE­RING

Dit is om dié rede dat Mutual & Federal bevestig dat hy die oesverseke­ringsmark ernstig benader en sy kapasiteit in die mark wil vergroot.

In die komende seisoen sal twee oesverseke­ringsprodu­kte aangebied word: Hael- en Multirisik­o-versekerin­g.

Die Haelpolis dek gebeurlikh­ede, soos hael, ryp, transito en Sasria ( oproerdekk­ing), indien die boer dit wil byvoeg.

Die Multirisik­o-polis word op sekere graangewas­se aangebied en dek gebeurlikh­ede, soos droogte, oormaat reën, koue, ryp, hael tot by die gewaarborg­de opbrengs, onbeheerba­re plantsiekt­es, onbeheerba­re wilde diere en natuurlik ook die oproerdekk­ingskeuse.

’n Versekeraa­r wat die landbou ignoreer, doen dit op eie risiko. Daar is op politieke en maatskapli­ke gebied verskeie goeie redes om die landbou te ondersteun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa