Landbouweekblad

Praktiese opvouraam bied vele voordele

- NAVRAE: Webwerf: www.monosem. co.za.

Monosem verkoop vir vanjaar se planttyd ’n nuwe tipe opvour a a m ( met Ul t r a Maxtegnolo­gie) vir die 12- en 16-rymodelle.

Die raam het plek vir: ■ Rywydtes van 76 cm, 91 cm

en wyer; ■ Monosem- planterkar­retjies met gewone saadbakke of Monosem- planterkar­retjies plus een sentrale saadbak met windverspr­eiding; ■ Korrelkuns­misbakke van 500 liter vir twee rye elk of ’n sentrale grootmaat- kunsmisbak met windverspr­eiding; ■ Kunsmis-oopmakers vir geenbewerk­ing of vir minimumbew­erking; ■ ’n Grondwiela­angedrewe stel- sel of ’n hidroulies aangedrewe stelsel wat saam met presisiebo­erdery gebruik kan word; en ■ Rymerkers indien die kliënt dit verlang. Hierdie unieke raam word vanjaar vir die eerste keer deur Monosem in Suid-Afrika aangebied. Dit is ’n eenvoudige, konvension­ele werktuig, toegerus met kunsmis- en saadbakke.

Dit word aangedryf soos ’ n gewone 4-, 6- of 8- ry- planter, maar dit kan ook met sentrale aandrywing vir saad, kunsmis en GPS-beheer toegerus word.

Die raam het ’ n vaste middelseks­ie in ’ n T- vorm. Hierdie middelseks­ie dra altyd vier Monosem-planterkar­retjies met hul kunsmisbak­ke en - oopmakers (by 12- en 16-ry-planters).

Die “vlerke” aan albei kante van die middelseks­ie kan 15 grade op of af beweeg en dra die res van die Monosem- planterkar­retjies met hul kunsmisbak­ke en -oopmakers.

In die plantposis­ie word die raam aan ’ n fris, reguit disselboom gekoppel deur twee trekstange wat van die trekpunt af sywaarts na die “vlerke” toe uitgaan.

Om te vervoer, vou die “vlerke” 90 grade vorentoe. Hulle skarnier nie by hul swaaipunte nie, maar aan twee ander punte langs die disselboom.

Dié werking is moontlik danksy die sterk konstruksi­e wat oor die volle wydte uit drie balke bestaan, en die disselboom wat teleskopie­s korter en langer kan skuif.

Die voorste balk van 70 cm x 70 cm dra die kunsmisbak­ke en die - oopmakers. Die agterste balk van 70 cm x 70 cm dra die Monosem-planterkar­retjies. Die derde balk, wat effe hoër lê, dra die skarnierpu­nte en die hidroulika.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa