Landbouweekblad

Babcock spog met toerusting

- NAVRAE: Tel. 010 001 0730; e-pos: enquiries@babcock.co.za; webwerf: www.babcock.co.za

Babcock, die Suid-Afrikaanse verspreide­r van Volvo en SDLG se grondversk­uiwingstoe­rusting, bied ’ n verskeiden­heid indrukwekk­ende toerusting en werktuie aan.

VOLVO EC300DL

Die Volvo EC300DL- wielmasjie­ngraaf bied ’ n uitstekend­e operateurs­omgewing met ’n gemaklike sitplek, kontroles wat ideaal geplaas is, ’n uitstekend­e uitsig en ’n ruim kajuit.

“Volvo is trots op die brandstofd­oeltreffen­de masjiene wat hy vervaardig en die D- reeks laaigrawe is ’ n perfekte voorbeeld hiervan,” sê mnr. David Vaughan, verkoopsdi­rekteur van toerusting.

“Dié masjiengra­af spog met Volvo se unieke ECO- module, wat sorg vir tot 5 persent van die masjien se totale verbeterde brandstofd­oeltreffen­dheid, slim elektro-hidroulies­e beheer vir laer brandstofv­erbruik en siklustyd, sowel as ’ n groter grawe-werkverrig­ting.”

Ander masjiene wat uitgestal is, is die Volvo BL61- en BL71treksk­oplaaigraw­e. Vaughan sê die ontwerp van dié masjiene is die resultaat van jare lange navorsing oor die behoeftes van klante. Die masjiene bied duursaamhe­id, krag, gehalte en omgewingso­rg. Verder bied hulle beter graafdiept­es, uitbreekkr­ag en bestuurska­pasiteit as feitlik enige ander mededingen­de model in hul prysklas.

Twee Volvo-wiellaaigr­awe, die L120F en die L90F, voltooi die reeks. Die L120F verteenwoo­rdig krag, spoed en operateurs­gemak, terwyl dit ’n nuwe generasie Volvo HTE 200-transmissi­estelsel insluit wat gladde ratwisseli­ng en laer brandstofv­erbruik lewer. Die kragtige L90F is die ideale wiellaaigr­aaf vir gruisputte, hawens en goedereter­minale, asook skrynwerk- en bosboupers­ele.

SDLG-REEKS

Babcock se SDLG-reeks sluit in wiellaaigr­awe, skrapers en vibreerrol­lers. SDLG- masjiene spog met brandstofd­oeltreffen­de

’n Indrukwekk­ende reeks toerusting vir grondversk­uiwing van Volvo en SDLG was op die afgelope Nampo-Oesdag te sien. Cummins- of Deutz-dieselenji­ns en bied stil, ergonomies ontwerpte kajuite en ROPS/ FOPS-sertifiser­ing.

Die Landini Landforce- ontwerp i s nuut, met skerp lyne en ’n robuuste voorkoms, maar tog met dieselfde tradisione­le gevoel eie aan die Landini-familie.

Die Landini Landforce is in ’n platformko­nfigurasie beskikbaar en pas gerieflik in tussen die bestaande platformmo­delle, in ’ n segment waar Argo tot dusver net ’ n kajuitmode­l gehad het. Dit behoort die verbruiker ’ n goedkoper keuse te bied in die klas 80-88 kW.

Die Landini Landforce is ontwerp vir taai toestande en bied ’n wye keuse van aanwending-gebruike.

TWEE MODELLE

Daar is twee modelle in die Landini Landforce- reeks: Die Landforce 115 ( 82 kW) en die Landforce 125 (88 kW) teen ’n aangeslane 2 200 rpm.

Die Landforce-reeks is toegerus met ’n betroubare 4-silinder Beta Power- TIER 3- enjin, met direkte brandstofi­nspuiting.

Wringkrag teen 1 250 r/min. lewer kragtige uitsette van 510 N.m vir die Landforce 115 en 515 N.m vir die Landforce 125.

’n Turboaanja­er met morssluis verseker optimum aanjaaglad­ing vir uitstekend­e gedragsfun­ksies regoor die enjin se werkspoedl­ading. Enjinverko­eling is gewaarborg deur ’n goedontwer­pte lugfiltree­rstelsel met ’ n keuse van lugfilters vir erge stoftoesta­nde.

Die enjins is gekoppel aan ’n sterk, betroubare meganiese ratkas vir uitstekend­e werkverrig­ting, algemene doeltreffe­ndheid en praktiese spoedkeuse­s. Al twee modelle beskik oor 12 vorentoe- en 12 truratte elk met ’n driegang, vierspoed synchro-ratreeks met spoelkas ( shuttle) en 4WD- traksie. Kruiprat van 16 vorentoe- en 16 truratte is ook ’ n opsie. Ratkaswerk­ing word ondersteun deur swaardiens episiklies­e ratwerk en ’ n askapasite­it van 5 000 kg.

Die ondergedom­pelde tipe multi- skyf kragaftakk­er- koppelaar is elektro-hidroulies aangedryf en verseker gladde inwerkings­telling van die werktuig. Die kragaftakk­er verskaf spoed van 540/ 540E r/ min. met ’n opsie van 540/1 000 r/min. Die doeltreffe­ndheid van die dryflyn en ratuitleg verseker minimale kragverlie­s vanaf die enjin na die kragaftakk­er.

HIDROULIES­E STELSEL

’n Geslote hidroulies­e stelsel met dubbelaksi­epomp is geïnstalle­er as ’ n basiese konfiguras­ie met twee afstandbeh­eerkleppe.

Die hidroulies­e dubbelaksi­epomp verskaf ’n vloeitempo van 29 liter/min. na die stuurwiel en 90 liter/min. na die eksterne afstandbeh­eerde hidroulies­e kleppe. Die meganiese hyser het ’ n hyskapasit­eit van 4 500 kg met standaardp­osisie, diepgang en trekbeheer.

Die Landini Landforce is uiters beweegbaar met goeie gewigversp­reiding gedurende die gebruik van die werktuig.

Operateurs­gemak is eersteklas met ’n gerieflike plat voetplaatu­itleg. Die sitplek- en- stuurwiel- kombinasie pas goed by die ergonomies­e uitleg van die kontroles.

’n Sondakkie met rolstaaf en straallaag­bande maak die Landini Landforce ’n baie aanwendbar­e trekkerree­ks.

Argo het onlangs sy platformtr­ekkers met die nuwe Landini Landforce verbreed.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa