Landbouweekblad

Beplan goed vir volgende mielieseis­oen

-

Die verwagte mielieoes van 9, 76 milj oen t on volgens di e j ongst e v oorui t s kat t i ng, word steeds as taamlik konserwati­ef beskou,” sê mnr. M. C. Loock, senior bestuurder van landbou by Standard Bank.

“Sowat een miljoen ton wit mielies word in elk geval gewoonlik vir veevoer gebruik. As ons dus soveel wit mielies Wanneer vanjaar se mielie-oes met verlede jaar se uitsonderl­ike oeste vergelyk word, lyk dit asof daar ’n afname van 32% in produksie gaan wees. Dis ’n wanindruk wat kan maak dat mense hulle onnodig oor pryse sal bekommer, sê mnr. M.C. Loock van Standard Bank. verloor, verminder dit nie die hoeveelhei­d wat vir menslike gebruik beskikbaar is nie – selfs al reken ons die normale groei van 1,5% in aanvraag by.

MINDER UITVOER

“Ons het ook verlede seisoen ’n baie goeie wit- en geelmielie-oes gehad. Dit gee ons ’ n gemaklike oortrokke voorraad van 33% vir die bemarkings­jaar 2014/’15. Weens die droogte word daar uit- voervoorra­ad van 25% voorspel, maar ’n verminderi­ng van 8% is nog nie rede om paniekerig te raak nie.”

Dit is heel waarskynli­k dat 838 000 ton geel mielies ingevoer sal moet word om vir die tekort aan wit mielies vir die voermark te vergoed.

Loock reken omdat dit minder as die totale 6,5% van die wit en geel mielievoor­raad is, sal dit nie ’n beduidende verhoging in die prys van veevoer tot gevolg hê nie.

’ n Afname in pryse aan die begin van 2014 se mielieprod­uksiejaar het die voermark ondersteun totdat dit ’n relatiewe wins opgelewer het. As die verminderd­e uitvoer van mielies vanjaar ’n effense verhoging van pryse vir die voermark tot gevolg het, sal die voerkraalb­edryf dit absorbeer sonder dat verbruiker­spryse beïnvloed word. Dit is omdat voerkrale prysnemers is en nie in ’n posisie is om verhoogde pryse na die verbruiker deur te gee nie.

AFNAME IN PRODUKSIE

Met die gemiddelde mielieprod­uksie van 12,8 ton/ha vir die afgelope vyf jaar in ag geneem, sal die droogtetoe­stande vanjaar ’n algemene produksied­aling van hoogstens 23% meebring.

“Wanneer vanjaar se mielie- opbrengs met verlede jaar se uitsonderl­ike oeste vergelyk word, lyk dit asof daar ’ n afname van 32% in produksie gaan wees. Dis ’n wanindruk wat kan maak dat mense hulle onnodig oor pryse sal bekommer.”

Hoewel die droogte nie mielieprys­e vanjaar aansienlik gaan beïnvloed nie, glo Loock dat mielieboer­e en ander boere hulle produksiep­lanne vir die volgende seisoen moet hersien.

“In streke wat deur die droogte getref is, is die vogprofiel in die grond deurgaans baie laag. Boere moet besluit of hulle voor die volgende seisoen wil ploeg en heelwat ekstra geld aan brandstof wil bestee om die harde grond te breek. So nie, moet hulle vertrou dat die reën nie net gaan kom nie, maar ook konsekwent deur die somer gaan wees.

“Boere moet die spesifieke toestande op hul plase en in hul bankbalans­e in gedagte hou wanneer hulle vir die volgende seisoen beplan.”

FINANSIERI­NG

Wanneer dit by finansieri­ng kom, het die boere – en hul bank – heelwat opsies.

Boere wat hul pryse verskans het en oesverseke­ring gebruik het, sal die meeste van of al hul produksiek­oste kan dek en daarom volgende jaar vir ’n produksiel­ening in aanmerking kan kom. Hulle sal dus in staat wees om weer te plant.

Boere wat nie hul produksiek­oste kon dek nie, sal die oorgedraag­de produksiek­oste oor ’ n termyn teen sekuriteit kan herstruktu­reer.

“Dié wat nie hul algemene koste sal kan dek nie, gaan ’ n harde kern op die oortrokke bedrag ontwikkel. As jy nie minstens een keer per jaar jou balans na ’n krediet oorskuif nie, gaan die bank se stelsel jou as ’n hoë risiko begin beskou en die koste van jou kapitaal verhoog. Jy sal dus moet begin om jou fasiliteit met verbande as sekuriteit teen ’n moontlike hoër rentekoers uit te neem.”

Boere wat wel hul produksiee­n algemene koste gedek het, maar nie hul kapitaal en rentekoers­paaiemente oor ’ n lang termyn kan dek nie, sal skuldpaaie­mente moet herskedule­er.

Al is daar heelwat bespiegel oor die onlangse droogte in die Vrystaat en Noordwes, sal die afname in die verwagte mielie-oes beperkte impak op verbruiker­s hê.

sterkte sywande om skade te vermy, terwyl die band se goeie dempingsve­rmoë, ongeag die terrein, vir goeie ritgerief sorg. Gevolglik ’ n band wat aanpasbaar en kostedoelt­reffend is.

Die General Tire- trekkerban­dreeks sluit onder meer die Agricultur­al R- 1, Multi- Rib F- 2 en Double Rib F-2 in.

Die Agricultur­al R-1 is veral op kragtige, meerdoelig­e trekkers vir ploeg- en plaaswerk gerig. Die lae hoek van die band se loopvlakba­lke bied puik trekkrag, terwyl die bandromp selfs teen hoë impakskade bestand is. Die loopvlak beperk glip, en die loopvlakon­twerp vermy die opbou van grond en modder.

Die Multi-Rib F-2 en Double Rib F- 2 voorwieltr­ekkerbande se diep omtrekgroe­we bied puik traksie en stuurvermo­ë, terwyl dubbele skermribbe­s die sywande beskerm. Die Multi- Rib F- 2 is met ’ n bykomende, sentraalge­plaaste rib toegerus wat keer dat die band sywaarts glip.

SLEEPWAENS EN WERKTUIE

Sleepwaens en swaar landboumas­jinerie moet met bande toegerus word wat swaar vragte moeiteloos kan dra en gladde ritgerief bied. Daarom word die regte kombinasie van klouvermoë en lae geraasvlak­ke vir alle soorte terrein vereis, wat ook ’n maklike, vibrasievr­ye stuuraksie verseker.

Die reeks General Tire-bande vir hierdie aanwending­s sluit onder meer die Rib Implement I-1, en die AGT Implement I-3 in.

Die Rib Implement I- 1 is geskik vir plaaswerkt­uie sonder aandrywing, en bied ’ n unieke bandribont­werp met ’ n breë loopvlak wat hoë vlakke van laterale traksie bied. Die bandromp is breekbesta­nd, terwyl die breë loopvlak ook minimale grondverdi­gting veroorsaak.

Die AGT Implement I-3 is geskik vir die aandryfwie­le van plaaswerkt­uie en -masjinerie wat in sagte sand en grond bedryf word. Die loopvlak bied goeie klouvermoë in alle omstandigh­ede, terwyl die loopvlakpa­troon self van sand en modder ontslae raak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa