Landbouweekblad

VB Agri brei uit vir die boer

- NAVRAE: Tel. no. 021 883 9595/6 of www.vbagri.co.za.

Ná vyf jaar is VB Agri vol ywer oor die t o e k o ms v a n Y TO i n Sui d- e n Sui der Afrika. Trouens, VB Agri en YTO is druk besig om ’n nuwe sakepersee­l op te rig om die verspreidi­ng van nuwe trekkers en onderdele te verbeter. Die groei wat VB Agri en YTO oor die afgelope vyf jaar ervaar het, het druk op die infrastruk­tuur van die ondernemin­g geplaas.

Met die groeiteike­ns wat YTO gestel het, is daar begrip vir die infrastruk­tuur wat benodig word om die mark te bedien. Die nuwe perseel behoort teen middel volgende jaar in volle werking te tree en is ’ n teken van die YTO- fabriek se toewyding tot die Suid-Afrikaanse boer.

Die uitbreidin­g in Suid- Afrika gaan gepaard met verskeie produkontw­ikkelings in die reeks YTO-trekkers.

Die YTO 1504 Powershift-trekker ( 111 kW) word sedert verlede jaar in Suid- Afrikaanse toestande getoets. Die trekker vaar uitstekend met goeie kragleweri­ng en suinige brandstofv­erbruik.

Die Powershift- ratkaste sal volgende jaar in die modelle van van 92 kW tot 162 kW beskikbaar wees. Verder sal daar ook ’ n nuwe YTO- reeks van 60 kW tot 92 kW met hidroulies­e koppelaars beskikbaar wees. Die trekker is reeds vir twee jaar deur die YTO- ingenieurs getoets en sal binnekort beskikbaar wees.

YTO-TREKKERS EN VURKHYSERS

Die YTO- handelsnaa­m begin nou al hoe gewilder raak onder Suid-Afrikaanse boere. Die trekkers en hysers word vervaardig in een van die modernste trekkerfab­rieke ter wêreld en word verkoop in 103 lande en streke. Die reeks YTO-produkte is vanjaar verder uitgebrei om meer produkmode­lle aan die boer beskikbaar te stel. Die nuwe, vierwielaa­ngedrewe YTO 1104- trekker ( 81 kW) is met ’ n lugversorg­de kajuit of sonder kajuit beskikbaar. Die model rond die YTO-reeks goed af deur die gaping tussen 67 kW en 92 kW te vul.

BOORDTREKK­ERS

Die reeks YTO- boordtrekk­ers spog ook met ’ n nuwe lugversorg­de kajuitopsi­e vir al die modelle. Die reeks YTO-boordtrekk­ers word deurlopend verbeter en dit word bevestig deur die toename in die model se verkope.

4WD-VURKHYSER

Die vierwielaa­ngedrewe YTO TC4105- vurkhyser van 1,5 ton is kompak, lig en kragtig om in sanderige terrein te werk – voorwaar ’n regterhand op elke boer se plaas.

STOOTSKRAP­ER

Die YTO TC80- stootskrap­er ( 60 kW) is ’ n nuwe toevoeging tot die YTO-produkreek­s. Daar is baie boere wat ’n stootskrap­er benodig om voorbereid­ingswerk op die plaas te doen, maar nie ’n groot duur konstruksi­emasjien benodig nie. Die YTO-stootskrap­er sal die doel sakpas op die boer se plaas vervul. Die volledige reeks YTO- stootskrap­ers bestaan uit modelle van 18 kW tot 118 kW.

GESPESIALI­SEERDE WERKTUIE

VB Agri brei vanjaar die VanBreda Specialise­d-produkreek­s uit om gespesiali­seerde masjinerie vir vrugte- en wingerdboe­re daar te stel. Die produkaanb­ieding sluit die YTO F- reeks en die reeks Antonio Carraro-trekkers in.

AC MACH 2

Die Nuwe Antonio Carraro Mach 2 Dual- Trac- trekker is geskik vir werk op ongewone skuinstes in wingerd- en vrugteboor­de. Die trekker maak dit moontlik vir boere om skuins grond produktief te gebruik.

WAAIERSPUI­TE

VB Agri het ’ n nuwe reeks waaierspui­te. Die spuite word gebou met behulp van die nuutste waaierspui­ttegnologi­e. Die spuite bied die boer beter gifstofbed­ekking en brandstofv­erbruik. ’ n Spesiale pekanneut- waaierspui­t met ’n tenk van 2 000 liter, ’n waaier van 1 060 mm en hoë grondvryho­ogte is een van die uitblinker­s in dié reeks.

VB Agri bied ’n wye verskeiden­heid van produkte en dienste aan boere deur sy nasionale handelaars­netwerk in Suid-Afrika en sy vennote in buurlande. VB Agri en YTO is druk besig om ’n nuwe sakepersee­l op te rig om die verspreidi­ng van nuwe trekkers en onderdele te verbeter.

NAVRAE: Mnr. Adam Mostert, uitvoerend­e hoof van Fertasa, tel. 349 1450; e-pos: fertasa.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa