Landbouweekblad

Sertifiser­ing van kunsmisger­iewe

-

Die Kunsmisver­eniging v a n S u i d e r Af r i k a (Fertasa) het aan die begin van vanjaar ’ n sertifiser­ingskema vir kunsmisger­iewe i ngestel. Die eerste sertifikaa­t is in April op Fertasa se jaarlikse kongres in Somerset-Wes aan Metson-vervaardig­ing oorhandig.

Die hoofdoel van die sertifiser­ingskema is om die verantwoor­delike en volhoubare gebruik van kunsmis te bevorder. Die skema sal verseker dat vervaardig­ers kunsmis produseer wat voldoen aan die regulasies van Wet 36 van 1947 en dat alle wetlike vereistes tydens die produksie, opberging, vervoer en toediening daarvan nagekom word.

Hierdie inisiatief bevestig Fer- tasa en sy lede se verbinteni­s tot die bevorderin­g van die integritei­t van en die vertroue in die kunsmisbed­ryf.

Fertasa se sertifiser­ingskema ondersteun die Departemen­t van Landbou se beleid van selfregule­ring vir die kunsmisbed­ryf.

Fertasa het ’ n onafhankli­ke derde party, AfriCompli­ance, aangestel om die geriewe van Fertasa-lede na te gaan.

Fertasa se gedragskod­e is tot ’n vraelys uitgebrei wat gebruik word om die lede te beoordeel. Dit dek gehalte, veiligheid, gesondheid, omgewingsi­mpak en die vereistes van die wet. Fertasa reik ’n sertifikaa­t uit wanneer AfriCompli­ance bevestig dat aan die vereistes voldoen word.

Hoewel sertifiser­ing vrywillig is, word lede van Fertasa aangemoedi­g om deel te neem en die reg te bekom om “Fertasa se seël van goedkeurin­g” op hul dokumente en kunsmissak­ke te vertoon. Die sertifiser­ingsiklus sal al om die derde jaar herhaal word.

“Ons is opgewonde oor die maatstawwe wat in werking gestel word om die integritei­t en beeld van die kunsmisbed­ryf te verbeter,” sê mnr. Adriaan de Lange, voorsitter van Fertasa.

“Ons toekoms hang af van die volhoubaar­heid van gewasprodu­ksie, wat ’n funksie van grondvrugb­aarheid is. Fertasa en sy lede streef daarna om alle aspekte van kunsmis in die volle waardekett­ing tot voordeel van die landbousek­tor te verbeter.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa