WES-KAAPSE VEEBOERE KAN PRODUKSIE ‘DRASTIES VERHOOG’
WES-K AAPSE veeboere kan hul produksie met “groot vr ymoedigheid” verhoog om in die groot vraag na skaap- en beesvleis in die provinsie sowel as uitvoermarkte te voorsien.
Volgens mnr. John Dürr, voorsitter van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het die herinstelling van die land se status as vry van beken-klouseer verlede jaar veral die stoetveebedryf en boere wat betyds hul voetwerk gedoen het, ’n groot hupstoot gegee. Groot hoeveelhede beesvleis word reeds elke maand uitgevoer.
“Dit het veral gehelp om die prys van A-graad se beesvleis in die droogtetye op hoër vlakke te hou. Ons glo dit sal binnekort ook met skaapvleis gebeur.”
Dürr sê Wes-Kaapse slagplase se skaap- en lamslagsyfer het sedert 2008 opwaarts gebeur. Dit is tans 22,7% van die nasionale slagsyfer. Die provinsie besit slegs 10% (2,8 miljoen skape) van die land se skaapkudde.
“Ons kan en moet met groot vrymoedigheid ons produksie drasties verhoog, veral as ons nog gaan uitvoer ook.”
Wes- Kaapse verbruikers eet sowat 3,3 kg skaapvleis per kop elke jaar. Dit kom neer op byna 990 000 karkasse.
“Ons kan dus sowat 256 000 karkasse na ons buurprovinsies uitvoer omdat ons 20% slag.”
Sowat 5% van die nasionale beeskudde is in die Wes-Kaap en die provinsie se boere slag sowat 6% van die nasionale syfer. Dit beteken die provinsie moet elke jaar ongeveer 59% van sy behoefte (17 kg per kop, oftewel 243 000 karkasse) van ander provinsies invoer.
Die Wes-Kaapse skaapbedryf neem sowat 5 459 mense met 33 000 afhanklikes in diens. In die beesbedryf is daar 2 795 heeltydse mense in diens met 17 000 afhanklikes. – LUCILLE BOTHA
Die Wes-Kaapse slagplase se skaapen lamslagsyfer het sedert 2008 opwaarts gebeur. Dit is tans 22,7% van die nasionale slagsyfer. Die plaaslike prys vir suiker is beter as die internasionale, dollargebaseerde prys.
Mnr. Jonathan Mudzunga (regs), registrateur van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels, het ’n byeenkoms in Pretoria bygewoon waartydens die Vereniging van Veevoervervaardigers (Afma) aangekondig het dat hy nou met die staat saamwerk om die registrasie van nuwe veevoerprodukte te bespoedig. By Mudzunga is personeellede van Afma. Van links is mnre. De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur, Thami Khetani, registrasie-administrateur, Loutjie Dunn, voorsitter, en me. Liesl Breytenbach, bestuurder van tegniese en regulatoriese sake.
Verskeie ondernemings wat die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se vrywillige bydraes bevorder het, het op jaarvergadering van die WesKaapse RPO op Laingsburg pryse ontvang. Agter (van links) is mnre. Nico Uys (namens die Hessequa Abattoir), Jacques Retief (namens Roelcor), Carl Malherbe van Slabbert, Verster & Malherbe, André Groenewald (namens Roux Lewendehawe, Bredasdorp Abattoir, GWK en OVK/CMW) en Jacques Bourbon-Leftley (namens Hartman en Seuns). Voor, van links, is mnre. John Dürr (namens Wes-Kaap Lewendehawe), Hein Vollgraaff van BKB, Theunis Smit (namens Namlam), Wouter Hanekom (namens Tomis Abattoir en André Kallis) en Jaco van den Berg (namens Karoo Vleisboere). FOTO’S: LUCILLE BOTHA Die Wes-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie het nuwe bestuurslede gekies om die leisels in 2015/’16 te hou. Hulle is op Laingsburg, op die organisasie se jaarvergadering aangekondig. Agter, van links, is mnre. Nico Uys van Heidelberg, Theunis Smit van Dwarskersbos, Dian Heyns van Oudtshoorn, Francois Conradie van Laingsburg en André Groenewald van Riviersonderend. Voor, van links, is mnre. Jaco van den Berg van Murraysburg, Louis Wessels, ondervoorsitter, van Riversdal, Louise van Zyl van Agri Wes-Kaap, John Dürr, voorsitter, van Malmesbury, Alet Wilson van Agri Wes-Kaap en Arnold Brand van Koringberg.