Landbouweekblad

‘WILDSFEES WORD NET AL HOE GROTER’

-

MEER as 55 000 besoekers het vanjaar die Absa Kirkwood Wildsfees bygewoon.

Mnr. Paul Marais, voorsitter van die fees se direksie, sê dit is vir hom ondenkbaar om op die dorp ’n fees sonder die gepaardgaa­nde wildveilin­g aan te bied. “Dit is wat die jaarlikse fees en veiling so eiesoortig maak. Daar is ’n sinergie tussen die feesganger­s en die wildbedryf en daar is ongeloofli­ke gemeenskap­sbetrokken­heid.

“Al was die omset op vanjaar se veiling die helfte minder as verlede jaar, kan wildboere elders in die land steeds verseker wees dat as hulle wild op dié veiling aanbied óf kom koop, hulle deur die beste span kundiges bedien sal word en presies dit kry waarvoor hulle betaal het.”

Mnr. Ian Engelbrech­t, provinsial­e landboubes­tuurder van Absa wat as hoofborg van die fees optree, sê dit is duidelik dat almal in die Sondagsriv­iervallei ernstig is oor groei, volhoubaar­heid en om die gemeenskap op te hef.

“Die fees bied nie alleen vir ons kliënte die geleenthei­d om hulle produkte ten toon te stel nie, maar bevoordeel die gemeenskap deur werkskeppi­ng en deurlopend­e gemeenskap­sprojekte.

“Dit sluit in die Mayibuye Ndlovu-ontwikkeli­ngsprojek, die Masiphatis­ane Crèche, Themba- Op die opening van die Absa Kirkwood Wildsfees is, van links, mnr. Zolile Lose, burgemeest­er van die Sondagsriv­iervallei, me. Jenni Honsbein, feesdirekt­eur, mnr. Paul Marais, voorsitter van die fees se direksie, en sy vrou, Dalene. FOTO: THEUNS BOTHA

lethu Aids Edu-trust en ondersteun­ing aan twee plaaslike sokkerspan­ne.”

Mnr. Deon Saayman, hoofbestuu­rder van Sybokhaar SA, sê dit is dié bedryfsorg­anisasie se vierde jaar van deelname aan die fees. “Van die uitstaller­s se verkope het vanjaar verdriedub­bel.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa