Landbouweekblad

SUIKER BESTENDIG ONGEAG DROOGTE

- – JOHAN VAN DER MERWE

BOERE wat suikerriet op droëland aan die KwaZulu-Natalse Noordkus en in die Middelland verbou, beleef ’n moeilike seisoen. Tog is daar nie veel rede tot kommer vir dié suikerriet­boere nie. Volgens mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuu­rder van Absa Agribesigh­eid, plaas die verlaagde produksie, wat op sommige plekke skaars die helfte van ’n normale oes is, baie stremming op meule en boere.

Illovo Suiker se suidelikst­e meul, Umzimkulu-meule, gaan nie vanjaar sy deure oopmaak nie. Tongaat Hulett wil boonop talle hektare suikerriet uit produksie haal en vir residensië­le en industriël­e ontwikkeli­ng oormerk. Na bewering kan Tongaat R2,5 miljoen tot R35 miljoen per hektaar uit ontwikkeli­ng in KwaZulu-Natal verdien.

Janovsky sê Tongaat het ’ n ontwikkeli­ngsmaatska­ppy i n Suid-Afrika geword en in ander Afrikaland­e belê om suikerprod­uksie te verseker. “’n Mens moet dus nie hul verkope van grond of ontwikkeli­ngsplanne sien as ’n teken dat hulle vertroue in die bedryf verloor het nie.”

Vir suikerriet­boere wat besproeiin­g tot hul beskikking het, meen Janovsky is dit ’n buitengewo­on goeie jaar.

“Daar is ’n oorproduks­ie van suiker in die internasio­nale mark. Dit het die dollar- gebaseerde internasio­nale prys erg onder druk geplaas. Gewoonlik voer Suid-Afrika ongeveer die helfte van sy produksie uit. Daarmee verdien hy slegs die helfte van die internasio­nale, dollar-gebaseerde prys.

“Die plaaslike mark vir suiker is egter goed en die prys is beter as die internasio­nale, dollar-gebaseerde prys. Omdat die produksie in die droëlandge­biede ’n erge knou gekry het, is Suid-Afrika nie gedwing om soveel suiker as in goeie reënjare uit te voer nie,” sê Janovsky.

“Boonop het weinig suikerriet­boere slegte skuld. Daar is dus tans nie groot rede tot kommer nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa