Landbouweekblad

VOERBEDRYF HELP STAAT NOU MET REGISTRASI­ES

- CHARL VAN ROOYEN

DIE

staat en die veevoerbed­ryf het nader aan mekaar beweeg vir die registrasi­e van nuwe veevoerpro­dukte deur ’ n ooreenkoms aan te gaan waarvolgen­s die Vereniging van Veevoerver­vaardigers (Afma) vanaf 1 Julie help met nuwe aansoeke.

Mnr. De Wet Boshoff, uitvoerend­e direkteur, het gesê ’n lessenaar is ingestel waar lede hul aansoeke kan indien sodat dit eers vir korrekthei­d en volledighe­id nagegaan kan word. Afma dien dan die aansoek by die registrate­ur in en doen weekliks navraag oor die vordering.

Mnr. Jonathan Mudzunga, registrate­ur van die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landboumid­dels en Veemiddels by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, het op ’n vergaderin­g in Pretoria gesê dit sal help om die agterstand met die registrasi­e van veevoere ingevolge Wet 36 van 1947 weg te werk en die nuwe aansoeke vinniger te verwerk.

Hy het op ’n vraag van Landbouwee­kblad gesê dit duur tans sowat twaalf maande om ’n aansoek goed te keur. Hy voorsien dit sal tot vier maande verkort kan word sodra die agterstand iets van die verlede is.

Die veevoerbed­ryf en st aat het dieselfde doel, naamlik beter voedselpro­duksie en veilige voedsel. Daarom is die bystanddie­ns verwelkom. “Die staat kan nie al die werk alleen doen nie. Nou kan ons saamwerk,” het hy bygevoeg.

Die misstofbed­ryf het ’n soortgelyk­e stelsel begin en dit het die wagtyd vir nuwe registrasi­es van twaalf tot drie maande verkort.

Mudzunga het gesê die voorgenome nuwe voerwet kan die druk verder verlig. Kommentaar sal eersdaags gevra word en dan kan die wet deur die fases van voorbereid­ing en bekendmaki­ng gaan. Daarvolgen­s sal voerfabrie­ke hulself kan registreer en nie langer bepaalde produkte nie.

Mnr. Loutjie Dunn, voorsitter van Afma, het gesê die agterstand met registrasi­es raak groter weens die toenemende getal vervaardig­ers en aansoeke en ’n gebrek aan genoeg personeel by die registrate­ur. Dit frustreer lede. Minstens die helfte van alle aansoeke is boonop onvolledig, wat die proses verder vertraag.

Me. Liesl Breytenbac­h, bestuurder van tegniese en regulatori­ese sake by Afma, het gesê die diens is uitsluitli­k vir lede van Afma. Hulle betaal R1 020 per aansoek. Mnr. Thami Khetani is aangewys om die lessenaar te beman.

– ‘Die staat kan nie al die werk alleen doen nie. Nou kan ons saamwerk.’

Die RSA Groep, wat 30 jaar gelede deur mnr. Mike Loutfie begin is, het onlangs hul nuwe, groter vloer by die Kaapstadse Mark in Epping aan produsente en kopers bekend gestel. Die manne wat die lint gesny en die vloer geopen het, is (van links) mnr. Johan Koen, finansiële direkteur van die groep, dr. Nawah Nagia, voorsitter van die Kaapstad Mark, mnre. Peter Misselbroo­k en Jaco Oosthuizen, onderskeid­elik voorsitter en besturende direkteur van die groep. Die RSA Groep het in 2014/’15 bykans 602 000 ton vars vrugte en groente op markte in Johannesbu­rg, Tshwane, Durban, Bloemfonte­in en Kaapstad verkoop. FOTO’S: AMELIA GENIS Op die bekendstel­ling van die RSA Groep se groter vloer by die Kaapstadse Mark is, van links, mnre. Allan Dalbock, ‘n boer van Prospect Tomatoes in Oos-Londen, Grant Smuts van die boerdery Smuts-broers op Robertson en Jandri Duvenage, besturende direkteur van die uitvoermaa­tskappy RSA Internasio­naal. Die RSA Groep is die grootste varsprodus­entemarkag­ent in die Suidelike Halfrond wat die kommissiev­erkoopstel­sel gebruik.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa