Landbouweekblad

Omnia doen goed, ondanks droogte

- – CARIEN KRUGER

DIE

Omnia-groep se inkomste het met 3,5% gestyg danksy stewige prestasie in sy landbou-afdeling.

Die vraag na kunsmis was ook stewig al was dit ’n moeilike seisoen, sê die groep oor sy resultate vir die jaar tot 31 Maart.

Dié genoteerde maatskappy se inkomste van R16 835 miljoen vir dié tydperk was ’n rekordbedr­ag.

Die landbou- afdeling se inkomste het met 9,1% tot R7 287 miljoen gestyg, selfs al het die droogte tot ’n afname van 1,3% in die totale mielie-aanplantin­g in Suid-Afrika gelei.

Omnia se landbou-afdeling kon daarin slaag om sy algehele verkope met 6% op te stoot.

Plaaslike verkope het met 2% gestyg en internasio­nale verkope met 4%.

Die inkomste van die handelsen grootmaata­fdeling het met 46% (of R331 miljoen) gestyg.

Die styging van 52% in die afdeling se bedryfswin­s tot R656 miljoen word toegeskryf aan die verminderi­ng van die koste van onverwerkt­e materiaal asook hoër produksiev­olume.

’n Swakker rand en rekordverk­ope van vloeibare en spesiali- teitskunsm­is het ook ’n gunstige rol gespeel.

As geheel het die Omnia-groep se bedryfwins het met 4,2% tot R1 476 miljoen gestyg en sy wesensverd­ienste per aandeel was 2,6% hoër op 1 465 sent per aandeel. ’n Finale dividend van 300 sent per aandeel is verklaar wat die totale dividend op 490 sent per aandeel te staan gebring het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa