Landbouweekblad

’N BELOWENDE TOEKOMS WINK VIR DIE WILDBEDRYF

- – ERNST JANOVSKY en WESSEL LEMMER (op foto)

DIE

privaat wildlewebe­dryf het die afgelope twee dekades uits t ekend gegroei. Dié groei word veral t oegeskr yf aan uitbreidin­gs in twee segmente, naamlik die teling en die verkope van lewende wild.

Die teelt en verkope van gewone wildsoorte het veral ’n groot bydrae tot die groei in die verkope van lewende wild gelewer. Indien ’n belegging in die wildbedryf oorweeg word, is dit raadsaam om onderskeid tussen die verskillen­de segmente van die wildbedryf te tref. Die bedr yf kan ingedeel word in jag, wildteelt, toerisme en wildproduk­te. Elkeen van dié segmente bied eiesoortig­e kenmerke en knelpunte aan beleggers in die wildbedryf.

Die wildbedryf is uitstekend geposision­eer om in ál die segmente te kan groei. Wildteelt bied veral goeie geleenthed­e omdat toetrede tot die bedryf relatief maklik is.

Die totale omset van die wildbedryf word op R122,7 miljard geraam. Die verskillen­de segmente dra soos volg by: Jag, R7,5 miljard; wildteelt, R10 miljard; toerisme, R104 miljard; en wildproduk­te, R1,2 miljard.

Gemeet aan die landbou se bydrae van R84,7 miljard tot die BBP is die wildbedryf, weens die bydrae van toerisme, een van die grootste bedrywe in die land. Segmente in die wildbedryf, soos j ag en wildteelt, vergelyk met die grootte van die suikerbedr­yf (R7,4 miljard) en die sitrusbedr­yf (R9,7 miljard).

Die GRAFIEK toon hoe die aantal wild wat sedert 2006 op veilings aangebied is, aansienlik toegeneem het. Boonop het die omset op wildveilin­gs sedert 2007 buitengewo­on gestyg.

Die private wildbedryf en die kommersial­isering van wildsoorte lewer ’n wesenlike bydrae tot SuidAfrika se bruto binnelands­e produk.

Dit kan oplossings bied vir die behoud van sekere bedreigde wildsoorte en bied uitstekend­e geleenthed­e om klimaatsve­randering en droogtes se impak op boerderyin­komste te bestuur. Die wildbedryf se groei kan dus na verwagting voortduur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa