Landbouweekblad

PLUIMVEEBO­ERE KRY NUWE STRUKTURE

- Herman van Schalkwyk,

DIE

SA Pluimveeve­reniging (SAPV) gaan ’n nuwe era binne nadat hy ’n grondwet goedgekeur het wat kommersiël­e en opkomende boere in sy strukture sal verenig. Die nuwe strukture sal in werking tree nadat die grondwet deur die SuidAfrika­anse Inkomstedi­ens goedgekeur is.

Waar opkomende boere in die verlede ’n afsonderli­ke organisasi­e binne die SAPV gehad het, sal hulle nou deel wees van een van twee bene binne die organisasi­e wat op grond van produk verdeel sal word.

Mnr. Robin Barnsley is die voorsitter van die nuwe nasionale eierorgani­sasie, mnr. Roelof Viljoen is die ondervoors­itter en dr. Naudé Rossouw is die uitvoerend­e lid. Mnr. Marthinus Stander is verkies tot voorsitter van die nuwe braaihoend­erorganisa­sie, mnr. Aziz Sulliman tot ondervoors­itter en mnr. Jaco Viljoen tot uitvoerend­e lid.

Stander is ook verkies tot voorsitter van die nuwe SAPVraad (met agt lede), vier elk van die eier en braaihoend­erorganisa­sie en twee plaasverva­ngers van elk.

Mnr. Achmat Brinkhuis is tot ondervoors­itter van die raad verkies en mnr. Robin Barnsley tot uitvoerend­e lid.

– CARIEN KRUGER

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van mielies het met 10,5%, oftewel $15,1 1/t (R185,07/t) gestyg tot $158,69/t (R1 944/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 4,9%, oftewel $8,13/t (R99,58/t), laer. Verwagte pryse: Augustus – $162,43/t (R1 989/t), September – $165,50/t (R2 027/t), Desember – $168,89/t (R2 069/t), Maart – $172,59/t (R2 114/t). Plaaslik: Die Safex-prys van wit mielies het met 0,2%, oftewel R6/t, gedaal tot R3 080/t. Geel mielies het met 3,6%, oftewel R95/t gestyg tot R2 725/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 74,9%, oftewel R1 319/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 48%, oftewel R884/t, hoër is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van koring het met 14,4%, oftewel $27,13/t (R332,29/t), gestyg tot $215,33/t (R2 637/t). Op ’ n jaargronds­lag is dit 3,2%, oftewel $6,70/t (R82,06/t), laer. Verwagte pryse: Augustus – $215,91/t (R2 645/t), September – $216,79/t (R2 655/t), Desember – $219,58/t (R2 689/t), Maart – $222,67/t (R2 727/t). Plaaslik: Die Safex-prys van koring het met 0,2%, oftewel R9/t, gestyg tot R3 900/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 2,2%, oftewel R85/t, hoër. Verwagte pryse: Augustus – R3 901/t, September – R3 915/t, Desember – R3 820/t, Maart – R3 868/t. Die Safex-prys vir sorghum het met 4,5%, oftewel R130/t gestyg tot R3 050/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 22%, oftewel R550/t, hoër. Verwagte pryse: Augustus – R3 040/t, September – R2 925/t, Desember – R2 900/t. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 2,3%, oftewel R120/t, gestyg tot R5 445/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 16%, oftewel R752/t hoër. Verwagte pryse: Augustus – R5 465/t, September – R5 425/t, Desember – R5 505/t, Maart – R5 200/t. Die internasio­nale prys van sonnebloms­aad het met 0,9%, oftewel $4/t (R48,99/t), gestyg tot $430/t (R5 267/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 3,4%, oftewel $15/t (R183,72/t), laer. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 4,3%, oftewel $15,75/t (R192,91/t), gestyg tot $378,44/t (R4 635/t). Op ’n jaargronds­lag is 26,6%, oftewel $136,87/t (R1 677/t), laer. Verwagte pryse: Augustus – $377,21/t (R4 620/t), September – $372,58/t (R4 563/t), November – $370,38/t (R4 536/t), Maart – $370,16/t (R4 534/t). Plaaslik: Die Safex-prys vir sojabone het met 2,2%, oftewel R110/t, gedaal tot R4 780/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 9,9%, oftewel R525/t, laer. Verwagte pryse: Augustus – R4 795/t, September – R4 860/t, Desember – R4 932/t, Maart – R4 995/t.

Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 3/ 7/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa