Landbouweekblad

UITSTEKEND­E WYNE WAG

- MIDDELBURG BLOEMHOF

HOEWEL die huidige marktoesta­nde vir die wynbedryf stram is en pryse grotendeel­s sywaarts beweeg, word uitnemende wyne vanjaar regoor die kultivarsp­ekrum verwag. “Spaar jul geld, hier kom mooi wyne,” sê mnr. Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se konsultasi­ediens.

Die oesvooruit­skatting vir die 2014/’15-oesjaar is volgens die Suid-Afrikaanse wynbedryf- en inligtings­telsels (Sawis) sowat 1 502 360 ton. Dit is egter 1, 1% kleiner as die rekordoes wat verlede jaar aangeteken is.

Wynvoorraa­dvlakke is ietwat hoër as verlede jaar weens groter oeste die afgelope jare, asook die afname in die uitvoer van wyn in groot maat. Volgens mnr. Charles Whitehead, hoof van sake-inligting by Sawis, sal dit egter weinig impak op plaaslik pryse hê.

Volgens mnr. Andries van Zyl, landbou-ekonoom by VinPro, was daar ’n afname in die totale uitvoer van wyn oor die afgelope 12 maand. “Dit kan toegeskryf word aan die groot afname in grootmaatv­erkope.”

Die uitvoer van verpakte produkte het met 3% oor die afgelope 12 maande gestyg, terwyl plaaslike wynverkope met 7% gestyg het.

– JEANDRÉ DU PREEZ

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 2 273c/kg. Dit is 0,1% laer teenoor die vorige week en 4% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 2 249c/kg. Dit is 0,3% laer teenoor die vorige week, 4,2% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 14,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 2 516c/kg. Dit is 0,4% hoër teenoor die vorige week, 1% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 17,9% hoër op ’n jaargronds­lag. Die daling in die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse kan toegeskryf word aan die styging in die aantal diere wat geslag is. Die prys van spekvarkka­rkasse kan sy- of afwaarts beweeg en dié van vleisvarkk­arkasse sywaarts. Die kans is 70% dat die prys van spekvarkka­rkasse in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 85% vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 2 014c/kg. Dit is 0,3% hoër teenoor die vorige week, 6,4% laer as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 1,2% hoër op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 2 185c/kg. Dit is 0,5% hoër teenoor die vorige week, 2,8% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,7% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van kitsbevror­e stukke was 1 902c/kg. Dit is 0,4% hoër teenoor die vorige week, 1,3% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede en 13% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van vars braaihoend­ers kan sywaarts beweeg en dié van bevrore en kitsbevror­e stukke sy- of afwaarts. Die kans is 67,5% dat die prys van vars braaihoend­ers in Augustus teenoor Julie hoër gaan wees en 65% vir ’n hoër prys vir bevrore braaihoend­ers. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-lamsvleis was 5 452c/kg. Dit is 0,6% laer teenoor die vorige week, 0,7% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 1 1,9% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van klas C2/C3-skaapvleis was 3 723c/kg. Dit is 0,1% laer teenoor die vorige week, 2,3% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,5% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s kan sy- of afwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s kan afwaarts beweeg. Die kans is 65% dat die lamsvleisp­rys in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 65% vir ’n laer prys in September teenoor Augustus . Die plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190 kg-240 kg) was 1 91 1c/kg. Dit was 1,5% hoër teenoor die vorige week, 4,2% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 12,3% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys kan opwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-beesvleis was 3 395c/kg. Dit is 0,2% hoër teenoor die vorige week, 0,8% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,6% laer op ’n jaargronds­lag. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 2 706c/kg. Dit is 0,7% hoër teenoor die vorige week, 0,3% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 15% hoër op ’n jaargronds­lag. Die prys van die A2/A3’s en die C2/C3’s kan opwaarts beweeg. Die kans is 82,3% dat die prys van die A2/A3’s in Augustus hoër gaan wees as in Julie en 52,9% vir ’n hoër prys in September teenoor Augustus.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 0,6% tot R2 345/t gedaal en is 7,5% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 12,3% teenoor die vorige week gedaal en is 2,4% hoër teenoor die ooreenstem­mende week verlede jaar. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die WesVrystaa­t (43%), die Oos-Vrystaat 25%), Limpopo (13,5%), die Noord-Kaap (6,7%), Gauteng (3%) en Noordwes (2%). Die prys kan sy- of opwaarts beweeg. Die prys van wortels het met 2,3% toegeneem. Dit was vanweë ‘n verlaging van 15,6 % in volumes. Die prys was 13,6% hoër as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 8,7 % hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 4,7% tot R1 843/t gedaal. Die volume het met 19,6% gedaal. Die prys was 6,6% laer as in die ooreenstem­mende week ‘n jaar gelede, terwyl verkope 16,2% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg in ooreenstem­ming met die seisoenale neiging. Die gemiddelde prys van uie was 3,5% laer teenoor die vorige week. Verkope het met 16,3% gedaal. Die prys is 4,4% laer as in die ooreenstem­mende week verlede jaar, terwyl verkope 3,4% hoër was. Die prys kan sy- of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 5,5% tot R6 512/t afgeneem vanweë ’n verhoging van 3,1% in die volume teenoor die vorige week. Die prys was 17,1% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl die volume verkope 7,1% hoër was. Die prys kan sywaarts neig.

TWEEDEPOOR­T (54), 287 ha, aan Pietersen-familietru­st, van P.G. Richards, R3 000 000. PIETER FRANCOIS (1), 857 ha, aan F.R. Eksteenboe­rderytrust, van Zelpy 2102 (Edms.) Bpk., R12 840 000.

PIETERMARI­TZBURG

BELLEVUE (16900), 370 ha, aan die Republiek van SuidAfrika, van Bellevue-boerderytr­ust, R2 220 321. BOSCH HOEK (1219), 178 ha, aan Canelands-trust, van M.G. Armstrong, R7 500 000. BRAND VLEI (1292), 984 ha; BRANDVLEI (16155), 1 117 ha; PLAAS 1353, 321 ha; RIET VLEI (3281), 453 ha; en STONEHENGE (3173), 546 ha; aan die Republiek van Suid-Afrika, van B.J. du Preez, R28 180 000. PLAAS 13150, 242 ha, aan Honey Badger-familietru­st, van S.J. Murray, R3 900 000. GOUDINA (1373), 505 ha, aan die Republiek van Suid-Afrika van P.D. du Preez, R2 000 000. RIETVLEI (16703), 557 ha, KILRUSH (201), 501 ha; en OOSTENRYK (211), 554 ha; aan die Republiek van SuidAfrika, van Usna-bouers BK, R7 100 000.

DENDRON

MAMPAKUIL (313), 1 200 ha, aan Masmagnet BK, van Hodge-familietru­st,R6400000.

ELLISRAS

LITH (412), 449 ha, aan J.G.A. en M.N. Fourie, van J.S. Sweetnam, R4 400 000.

THABAZIMBI

TWEELOOPFO­NTEIN (224), 734 ha, aan C.J. van der Walt, van G.B.H.-eiendomstr­ust, R4 200 000. KOOPMANSFO­NTEIN (212), 1 609 ha; en PLAAS 213, 1 150 ha; aan C.P.A. Koopmansfo­ntein, van P.J.V.D.B. Lambrechts, R13 472 102.

HERBERT

BELMONT (191), 1 643 ha, aan Boeta-familietru­st, van Joachim Steyn-familietru­st, R7 300 000.

KIMBERLEY

DOORNFONTE­IN (12), 1 274 ha, aan Vaal-Viewpluimv­eeplaas BK, van Rivierfron­t BK, R8 000 000.

KURUMAN

WINCANTON (472), 992 ha, aan San Solar Energy Facility (Edms.) Bpk., van A.J. Bester, R7 932 100.

VAALHARTSN­EDERSETTIN­G B

VAALHARTS-NEDERSETTI­NG B AGRICULTUR­AL HOLDING (385), 500 ha; en VAALHARTS-NEDERSETTI­NG B AGRICULTUR­AL HOLDING (425), 29 ha, aan Plenty Properties 218 (Edms.) Bpk., van Edentrust, R4 300 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa