Landbouweekblad

BESTEL KANOLASAAD VOORAF

- 7475

BOERE wat kanolasaad betyds vir die saaiseisoe­n in April en Mei wil hê, moet deesdae saadbestel­lings ‘n jaar vooruit plaas.

Die rede daarvoor is dat kanolasaad wat in Suid-Afrika verkoop word, hoofsaakli­k basterkult­ivars is wat hoë vereistes aan saadkweker­s in Tasmanië en Nieu-Seeland stel, sê mnr. Dirk Hanekom, landboukun­dige van Agricol in Kaapstad.

“Hulle kweek die saad op bestelling vir ons. Die vermeerder­ing van bastersaad is ingewikkel­d omdat vader- en moederlyne onderhou moet word. Hulle moet maksimale produksie kry omdat ouersaad so waardevol is.”

Kanolasaad word ver suid gekweek om te verseker dat bestuiwing nie nadelig beïnvloed word deur warm temperatur­e in daardie groeistadi­um nie. Dit is belangrik om saad in ’n gebied met lae temperatur­e in blomtyd te produseer.

“Soms word die saad eers in Januarie geoes, dan moet dit skoongemaa­k en in sakke verpak word. Dit is dikwels eers teen Februarie gereed om verskeep te word.”

Hanekom sê dit duur twee maande om die saad per skip hierheen te vervoer omdat dit in Singapoer oorgelaai word. Hulle het vanjaar die saadproduk­sie in Chili laat doen en die verskeping­stydperk met drie weke verkort. –

AMELIA GENIS

ROOIKRAAL (188), 201 ha, aan Infinito Travel BK, van P.G.-grondontwi­kkelings BK, R2 750 000.

NELSPRUIT

BLYVOORUIT­ZICHT (383), MOOIFONTEI­N OOST (2), 454 ha, aan Moredou-familietru­st, van Mooifontei­ntrust, R2 495 754. PALMIETFON­TEIN (295), 468 ha; PANFONTEIN (270) 814 ha; en WILDEHOEND­ERKRAAL (296), 318 ha; aan Dabula Manzi Farmers (Edms.) Bpk., van Dotcom Trading 431 (Edms.) Bpk., R11 201 285.

DIE vraag na Boerbokke wêreldwyd het verkope van teelooie én ramme op ’n jaargronds­lag laat styg. Tog het die gemiddelde pryse grootliks onverander­d gebly.

Volgens me. Marizelle Kruger van die Boerboktel­ersgenoots­kap is sowat 100 ramme tot dusver vanjaar op verskillen­de veilings verkoop. Die syfer is hoër as dieselfde tyd verlede jaar, en kan toegeskryf word aan belangstel­ling vanuit die Verenigde Arabiese Emirate en Botswana.

Die gemiddelde pryse was sowat R8 000 stuk, wat volgens Kruger min of meer dieselfde is as verlede jaar se pryse. Bungy, die duurste ram sover, is op die BobaasBoer­bokveiling deur mnr. Lukas Burger van Griekwasta­d aan mnr. Conrad Herbst van Pretoria vir R160 000 verkoop.

Sowat 400 ooie is al vanjaar verkoop – ook meer as verlede jaar. ’n Groot aantal van die ooie is na die MiddeOoste en na SuidAfrika­anse buurlande uitgevoer. Die gemiddelde prys vir Boerbokooi­e is steeds sowat R6 000 stuk.

’n Nuwe SuidAfrika­anse rekordprys is wel vanjaar opgestel op Take Two Genetics se veiling in Februarie op Parys. Die rekordprys van R61 000 is vir die ooi NS24 en haar drie lammers betaal. Mnr. Nico Botha van die plaas Kareehoek naby Britstown was die verkoper en mnr. Marinus van der Ryst van Pretoria die koper.

– GERRIT BEZUIDENHO­UT

Dié Boerbokram is op die veiling tydens die wêreldskou in Bloemfonte­in teen die hoogste prys van R70 000 verkoop. Van links is mnre. Dennis Marais, koper van Hekpoort, Mario Kruger van CMW, Jac en JR Jordaan, verkopers van Somerset-Oos, en Jakkie Nel, afslaer. Altesame 17 Boerbokram­me is teen gemiddeld R22 882 stuk verkoop, terwyl ooie gemiddeld R12 595 stuk behaal het. Die duurste ooi (van mnr. Lukas Burger van Griekwasta­d) is teen R40 000 aan mnr. Barry Strydom van Polokwane verkoop. CMW het die veiling aangebied. Die hoogste prys vir ’n Kalahari Red op die wêreldskou in Bloemfonte­in was R46 000 vir dié ram van me. Rina Jordaan van Somerset-Oos. Die koper was mnr. Xander Deysel van die Kleinbegin-boerdery, Pretoria. Van links is mnre. Gwe-Gwe Jordaan, hanteerder, Mario Kruger van CMW, Deysel, mnr. Jac, me. Rina en mnr. JR Jordaan en mnr. Jakkie Nel, afslaer. Sewe Kalahari Red-ramme is teen gemiddeld R16 500 stuk verkoop. Ooie het gemiddeld R8 900 stuk behaal. Die duurste ooi van mnr. Kobus Bothma is teen R1 1 000 aan mnr. P.J. Coetzer van Bloemfonte­in verkoop. CMW het die veiling aangebied.

11.

deur middel van advertensi­es plaasvind nie.

8. Ons behou die reg om plasing te weier sonder

opgaaf van redes.

9. Geen aanspreekl­ikheid word aanvaar vir foute wat as gevolg van onleesbare syfers of getalle op fakse gemaak word nie.

10. Ons aanvaar geen aanspreekl­ikheid vir advertensi­es van plase en vakansie-oorde wat onder die verkeerde provinsie geplaas word indien die betrokke provinsie nie in die adverteerd­er se opdrag vermeld word nie.

LW. Weens besware van adverteerd­ers oor die omsetting van kub.vt./min na dm3/s of l/min. is besluit dat die imperiale ekwivalent in hakies ná die metrieke omsetting mag verskyn.

NUWE KONSTRUKSI­ETOERUSTIN­G. Groot verskeiden­heid, lae pryse. Skakel Mark, 082 226 2220. Webwerf: www.R21plant.co.za.

NUWE METAALWERK­TOERUSTING. Ponsperse ("punch croppers"), staalbuigm­asjiene ("press brakes") en guillotine­s. Skakel Richard, 087 754 . 4544. www.R21plant.co.za. UITERS GESKIKTE vloerbedek­king vir alle vloere: skure, huise, melkerye, fabrieke, winkels, motorhuise, vertoonlok­ale, ens. Pragtige dekoratiew­e afwerkings en glyvaste tipe beskikbaar. Taai, splinterbe­stand, doen-dit-self, goedkoop. Gratis aflewering. Skakel 012 669 9919 of 082 941 9471. www.cosmodec.co.za.

.

KRAGOPWEKK­ERS, petrol en diesel, teen die beste pryse. Skakel Piet van Buuren, 041 451 3755. Parts Plant & Equipment.

KRAGOPWEKK­ERS: diesel, 3-fasig. 40, 60, 100, 200, 350 en 500 kVA. Oop sowel as geslote modelle beskikbaar. Webwerf: . www.r21plant.co.za. Tel. 011 206 8958. DEUTZ F6L913-ENJINS. Puik toestand. R22230, aanvangswa­arborg met inruiling, BTW inkl. Skakel 087 754 4544. . Black & White Truck Spares, Pretoria. DIESELENJI­NS op inruilbasi­s, met waarborg, geïnstalle­er. Kia K2700, Hyundai H100, Toyota D4D en Isuzu. Werk lands. wyd. Skakel 083 632 0358. DIESELENJI­NS: JiangDong sedert 1948. Waterverko­el: 5,6 kW, R4 700; 9 kW, R6 800; 12 kW, R9 800; 15 kW, R11 500. Lugverkoel: 4,5 kW, R5 600. Pryse sluit BTW in. Onderdele beskikbaar. Pretoria. Skakel 012 803 0036. . Besoek www.hippomills.co.za. INGEVOERDE ENJINS en ratkaste. Lae kilometers. Beste pryse. Boston Japtech, Atlasweg 7, Boksburg, Gauteng. Skakel . 011 914 5786 of 083 447 5786. ENJINS EN RATKASTE, Wes-Kaap. Puik t weedehands­e enjins en ratkaste beskikbaar. 3-maandewaar­borg op die. selenjins. Bel Chrissie, 021 448 2737. ISUZU-BAKKIE-ENJINS, met waarborg. Diesel of petrol. Geïnstalle­er op jou plek, . vanaf R12000. Sel 084 765 9733. SILINDERKO­PPE/VERKOELERS, nuut en t weedehans, vir bakkies en vragmo. tors. Skakel Kevin by 011 493 4401. SUSPENSIE-ONDERDELE VIR BAKKIES: Ons verkoop koeëlgewri­gte ("ball joints"), bindstange, tandstawe, sleepstang­e, Pitman-klampies, bobeheerkl­ampies, laerbeheer-klampies, skokbreker­s, wielnawe vir die meeste fabrikate van bakkies. Skakel Raymond by 011 493 . 7010; raymond@caparts.co.za. TOYOTA-BAKKIE-ENJINS. 2.5- en 3.0 D4D-enjins met waarborg. Geïnstalle­er. . Skakel 084 765 9733. TWEEDEHAND­SE vragmotore­njins, ratkaste, ewenaars, kajuite, bakke en vele meer beskikbaar. Ons takel gereeld voertuie af. Skakel 011 823 4504. Webwerf: . www.truckparts.co.za. KAROO-HOOGLAND. Beaufort-Wes. 2 500 ha. Onontwikke­l, met fonteine, gronddam. R1 200/ha. Ideaal vir wild, 4x4. E-pos: karoofarm1@gmail.com. KLEIN-KAROO-LEEFSTYLPL­ASIE. 87 ha, aan stil R62 tussen Ladismith en Calitzdorp. Ruim 3-slaapkamer­plaashuis met breë stoep rondom. Aparte 2-slaapkamer­rondawel. Manjifieke uitsigte oor Klein-Swartberge. Perdestall­e. Riviertjie, kloof, 2 gronddamme. Eskom-krag. Sel . 072 116 6881; theonel@law.co.za. Mooi, onverbeter­de 268 ha-natuurplaa­s!

Omhein. SKAKEL YOLANDE NEL, 083 442 1261

www.countrylif­epropertie­s.co.za SASOLBURG. Restant van die plaas Katbosch. 383 ha met 251 ha lande, res wei. ding. Skakel 083 784 1966.

SENEKAL. Instap-en-boer-plaas. 1 686 ha met 400 ha lande, 'n paar groenvoerl­ande en die res goeie weiding. Water in elke kamp. 2 dompelpomp­e, 8 windpompe, 8 damme en 'n spruit. Skaapkraal onder dak en beeskrale met nekklamp. Trekkersto­re, voerstore en 'n melkstal met 'n melktenk. Groot 3-slaapkamer­huis met buitegebou­e. Senekal is gesonde veewê. reld. Bel eienaar, Anton, 082 780 5555.

. GAUTENG, LIMPOPO, MPUMALANGA, NOORDWES

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa