Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- DIESEL DALK LAER

Goeie nuus vir boere. Brandstofp­ryse kan in Augustus effens daal, sê mnr. Paul Joubert van die Solidarite­it-navorsings­instituut. Die groothande­lprys van diesel kan met tot 60c/ l daal, terwyl die kleinhande­lprys van petrol waarskynli­k met sowat 30c/ l sal daal, maar ’n wisselvall­ige wisselkoer­s kan hierdie prentjie nog deurmekaar­krap. — Business Tech

PARTY WIT BOERE BLY

Sommige wit boere mag in Zimbabwe voortboer om die land van ondergang te red. Dié voorstel deur die Zimbabwies­e regering volg ná 15 jaar van afsettings van plase wat die land in ’n finansiële krisis gedompel het. Mnr. Douglas Mombeshora, Zimbabwe se minister van grond, sê verskeie boere wat tot voordeel van die land se ekonomie boer, sal geïdentifi­seer word en verblyfsek­erheid kry sodat hulle kan voortboer. Sedert die afsettings in 2000 begin het, is slegs 300 van die sowat 4 000 kommersiël­e boere in Zimbabwe oor en voedselsek­erheid het in duie gestort. — BDlive aan saam bekend as die dierevoera­fdeling van RCL Foods Sugar & Milling. In Januarie verlede jaar het RCL Foods die suikermaat­skappy TSB verkry, wat een van die grootste suikerprod­usente in die land is, om so sy bedrywighe­de in die voedselbed­ryf se waardekett­ing te diversifis­eer. Die nuwe afdeling streef daarna om ’n uitvoerige reeks produkte vir alle soorte vee te verskaf.

NEUTGEHALT­E BEDREIG

Stinkgogga­s kan makadamia-uitvoer knou, waarsku mnr. Alan Sutton, van die Valley Macadamia-groep. Sutton sê die persentasi­e ongesonde neutkerne het in vanjaar se oes tot bo die aanvaarde 3% gestyg, naamlik 5%. Dit word toegeskryf aan die ondoeltref­fende bestryding van stinkgogga­s, grootliks omdat die middel endosulfan van die lys van toelaatbar­e chemikalie­ë vir makadamias verwyder is. Hy sê om besmetting vroegtydig te identifise­er, sal boere hul boorde meer intensief moet bestuur en

gereeld inspekteer. banke op die geld in hul rekeninge beslag sal lê. Die beskikbare voorraad olyfolie op die mark raak vinnig minder. Olyfolie maak ’n baie belangrike deel van Griekeland se landbou-ekonomie uit. Volgens mnr. Aris Kefalogian­nis, hoof van die voedselmaa­tskappy Gaea, kos ’n enkele besending olyfolie nou sowat €100 000 (R1,4 miljoen), en min organisasi­es het soveel kontant beskikbaar. — Reuters

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa