Landbouweekblad

UIT ANDER OË

- Mia van Wyk

Mnr. Herman Mashaba, uitvoerend­e voorsitter van Lephatsi Investment­s en voormalige voorsitter van die Vryemarkst­igting, sê in ’ n rubriek dat ons in Suid- Afrika vandag op politieke leierskap moet konsentree­r omdat die besluite wat op daardie vlak geneem word, die nadeligste op die land inwerk. Hy sê as die Regering die werklikhei­d in ag wou neem, sou hy besef dat die besluite wat hy neem, skade aanrig en dat hy van rigting moet verander, maar dit is nie wat gebeur nie.Die Regering blyk doelgerig in die verkeerde rigting in te foeter. Ons beleidmake­rs blyk vasberade te wees om die teenoorges­telde te doen as wat in die res van die wêreld werk. Regerings wie se voorbeeld nagevolg kan word, is byvoorbeel­d Mauritius en Singapoer. Hul besluite word geneem op grond van die werklikhei­d. Mashaba sê Singapoer se Lee Kuan Yew sou nooit ’n nasionale minimumloo­n ingestel het in ’n tyd van massiewe werklooshe­id nie. Daarom het die eiland nou werklooshe­id van 2% vergeleke met ons 36,1%. Suid-Afrika se politieke leiers moet hul besluite op die werklikhei­d begin grond en nie op wensdenker­y nie. Die oorlewing van die l and hang daarvan af!

Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: of gebruik e-pos: Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik. Vandeeswee­k se wenbrief is deur

geskryf.

lbw@landbou.com.

021 406 2940

Ferreira Piet: Die megaboere het almal toegang tot water. Boere se probleme is gewoonlik oplosbaar in water.

Wilma Crous: Dol oor die program. Sien uit na die volgende reeks.

Willem Maree: Kan ’n mens die program ook op die internet kyk? Byvoorbeel­d, as jy in die buiteland is? Soos Treurgrond wat beskikbaar is? Daar is baie van ons boerseuns en plaaskinde­rs wat nie meer in SA woon nie (sommige tydelik, sommige permanent), maar wat graag hierdie programme (wettiglik) wil kyk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa