Landbouweekblad

VERLORE GELEENTHED­E

-

MANIE se vriend, die Agbiz-baas dok John Purchase, het verlede week ’n baie geldige waarskuwin­g gerig: Landbou-ondernemin­gs en die boerderyse­ktor is só vasgevang in transforma­sie- en politieke kwessies dat die groter prentjie van voedselsek­erheid en die ontwikkeli­ng van volhoubare, mededingen­de voedselste­lsels by hulle verbygaan.

Hy sê dit na aanleiding van belangrike landbou-byeenkomst­e die afgelope tyd waar Suid-Afrika geskitter het in sy afwesighei­d. Eerstens was daar die Milan-ekspo 2015, wat van Mei tot Oktober duur en waaraan 140 lande deelneem. Almal stel hulle beste tegnologie­ë ten toon om gesonde, veilige en voedsame kos te kan voorsien. Meer as 20 miljoen mense besoek die ekspo.

As deel van dié ekspo het Brittanje se handel- en- beleggings­departemen­t ( UKTI) ’ n Agritech- simposium aangebied oor die deurslagge­wende rol van landbou-tegnologie in volhoubare voedselpro­duksie. Die Britse regering stel jaarliks bykans R8 miljard aan agentskapp­e beskikbaar vir voedselnav­orsing.

Die Agritech-simposium is toegespits op diereweten­skappe oor grense heen, akwakultuu­r en volhoubare visboerder­ye vir die toekoms, sowel as presisie-boerdery in die toekoms. Hoewel aanbieding­e daaroor op die internet beskikbaar is, stem Manie saam dat Suid-Afrika se gebrekkige teenwoordi­gheid kommerwekk­end is.

Purchase sê uit Agbiz-personeel se bywoning van hierdie geleenthei­d, sowel as die Internasio­nale Vereniging vir Voedsel- en Landboubes­igheidsbe- stuur (IFAMA) se onlangse forum in Minneapoli­s in Amerika het dit duidelik geword dat plaaslike voedselste­lsels in baie opsigte nie vinnig genoeg vooruit beweeg wat tegnologie­se ontwikkeli­ng en toepassing betref nie.

Suid-Afrika se vermoë om sy mededingen­dheid te behou en te bevorder, terwyl hy terselfder­tyd die volhoubaar­heid van produksies­telsels verseker, ly daaronder.

Die werklikhei­d is dat Suid-Afrika te veel vasgevang is in politieke kwessies, soos grondhervo­rming, swart ekonomiese bemagtigin­g en transforma­sie. In die proses bly ontwikkeli­ng agterweë.

Die afwesighei­d van Suid-Afrika by iets soos die Milan-ekspo 2015 is ’n verlore geleenthei­d en ’n jammerte, sê Purchase.

GROOT BOOM VAL

Nog ’n groot boom in die landbou het geval toe Attie Swart, afgetrede hoof van programme by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, onlangs sy stryd teen kanker verloor het. Attie was vir goed 40 jaar verbonde aan die departemen­t en was selfs in die onstuimigs­te tye ’n vriend van die georganise­erde landbou en ’n bemiddelaa­r tussen boere en die politici.

Vangile Titi, adjunkdire­kteur- generaal in die departemen­t, beskryf hom op Facebook as goedhartig, eerlik en met onberispel­ike integritei­t. Sy sê hy was vir haar ’n leermeeste­r in haar werk en inspirasie in haar lewe.

Attie het ’ n M- graad in wiskundige statistiek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa