Landbouweekblad

Suikerbedr­yf verloor R1,79 miljard in 2 jaar

-

DIE

suikerbedr­yf gaan vanjaar die minste suikerriet in dekades oes. Canegrower­s, die suikerriet­kwekersver­eniging, voorspel dat die oes vanjaar net 15,066 miljoen ton sal beloop teenoor verlede jaar se 17,75 miljoen ton en 2013/’14 se meer as 20 miljoen ton.

Volgens Canegrower­s gaan die droëland- suikerriet­boere, wat erg deur die twee opeenvolge­nde droogtes en kwaai rypskade getref is, nagenoeg 21% van hul produksie weens die droogte inboet.

Volgens mnr. Bruno Eggers, ’ n agronoom by die UCL- suikermeul­e in die Natalse middelland, het UCL-produsente tot dusver vanjaar slegs 363 mm reën gehad. “Bykans 100 mm van hierdie totaal het in een bui reën geval. Die reën was dus nie versprei nie, wat die uitwerking van die droogte vererger.”

UCL se langtermyn­gemiddelde vir die eerste sewe maande van die jaar is bykans 500 mm. Die droëlandbo­ere oes egter hul suikerriet elke 18 maande tot 24 maande. Dus kyk Eggers eerder na die totale reënval oor 24 maande: “In ’ n normale seisoen kry ons 1 800 mm oor 24 maande. Tans oes ons suikerriet wat slegs 1 300 mm oor die laaste 24 maande gekry het.

“Dit gaan belis ’n jaar van on- gewenste rekords wees.”

Canegrower­s het bereken dat die verliese weens die droogte i n di e 2014/’ 15- s ei s oen R825,8 milj oen bel oop het en voorspel ’ n verdere verlies i n die 2015/’ 16- seisoen van R967,3 miljoen.

Die droogte het ook daartoe gelei dat sommige suikermeul­e later as gewoonlik met verwerking moes begin en sommige meule gaan glad nie in die 2015/’16-seisoen werk nie.

Canegrower­s werk saam met provinsial­e regeringsd­epartement­e om droogtehul­p te bekom. Een van Canegrower­s se bekommerni­sse is die groot moontlikhe­id dat die suikerriet se wortelstel­sels weens die droogte vrek, wat beteken die landerye sal oorgeplant moet word. Dit is ’ n groot, onvoorsien­e kapitaalko­ste.

Eggers sê daar is nog nie plase in die mark as gevolg van die uitdagende toestande nie, maar as die komende somer nie goeie reën bring nie, kan daar heelwat boere wees wat weens finansiële druk sal moet uittree.

– JOHAN VAN DER MERWE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa