Landbouweekblad

Optimisme oor distriksko­mitees vlam op

-

ALLE aanduiding­s is dat die distriksko­mitee- proses wat in die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan as deel van grondhervo­rming voorgeskry­f is, broodnodig­e momentum in KwaZulu-Natal kry.

Die derde vergaderin­g van die komitee van die distriksmu­nisipalite­it Harry Gwala in die suide van KwaZulu-Natal is op 10 Julie in Ixopo gehou.

Die vergaderin­g is bygewoon deur afgevaardi­gdes van die plaaslike georganise­erde landbou, die Regering en lede van die private sektor, wat vir die eerste keer banke ingesluit het.

Me. Meg Rorich, sakebestuu­rder van die Zwartberg-landbouver­eniging, sê daar is nou rede om optimistie­s te wees oor die proses soos dit in die komitees se mandaat uiteengesi­t is: “Die klem van die vergaderin­g was dat grondhervo­rming nie produkti-

WERK WAG

Me. Annelize Crosby, regs-en-beleidsadv­iseur by Agri SA, sê egter daar i s nog baie werk wat voorlê voor dié komitees funksionee­r vir die doel waarvoor hulle in die lewe geroep is. Die administra­si e, kommunikas­ie en vaardighei­dsontwikke­ling in dié komitees is al ’ n reuse- uitdaging. Aspekte van die opdrag vir die komitees moet ook nog op nasionale vlak uitgeklaar word. “By Agri SA is ons i n b e g i ns e l ten gunste van dié komitees en dit lyk asof die politieke wil bestaan om dié komitees te laat werk, wat ’ n riem onder die hart is. Die Regering is egter onrealisti­es oor die tyd waarbinne die komitees gestig kan word en doeltreffe­nd kan funksionee­r .

“Dis wel duidelik dat die georganise­erde landbou se bydrae op nasionale regeringsv­lak in ag geneem word. Of dit oral op grondvlak die geval is, is egter ’n ope vraag,” sê Crosby.

VERTROUE BESTAAN

Volgens Rorich het die sameroeper op die vergaderin­g, mnr. Kheta Nzimandi, die distriksko­ordineerde­r van KwaZulu-Natal se departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng, ’n groot rol in die vordering gespeel. “Sy inklusiewe benadering tot die kommersiël­e boere se deelname het dit maklik gemaak om die Regering se sentiment, dat die kommersiël­e landbousek­tor die dryfkrag agter dié komitees moet wees, te aanvaar.

“Ons het uit die vergaderin­g gestap met die gevoel dat ons ’n span is met dié gemeenskap­like doel. Solank daar tasbare vordering en deursigtig­heid is, soos op dié vergaderin­g, sal ons optimistie­s bly en ons volle samewerkin­g gee. Boere offer hul kosbare tyd op, sonder vergoeding, omdat hulle die proses vertrou. Uit die vergaderin­g blyk dit dat hulle inspraak sal hê en dat dit ter harte geneem sal word.”

Dié distriksko­mitee vergader weer op 22 Julie om onder meer ’ n voorsitter te benoem. Die grondoudit­s wat in 2010 deur Kwanalu voltooi is, sal gebruik word as ’ n vertrekpun­t vir die komitee se aksieplan.

– JOHAN VAN DER MERWE

‘Die klem van die vergaderin­g was dat grondhervo­rming nie produktiwi­teit en voedselsek­erheid moet belemmer nie.’

Dr. Langa Simela is die nuwe Sake-ontwikkeli­ngsbestuur­der by Absa Agribesigh­eid se sentrum vir uitnemendh­eid. Sy was 15 jaar lank betrokke by die Nasionale Organisasi­e vir Opkomende Rooivleisp­rodusente (Nerpo).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa