Landbouweekblad

BRUCELLOSE IN KAROO OP MESPUNT

-

DIE

uitbreek van brucellose het die aandag van Kaapse owerhede en die media getrek nadat dit in die vorm van Maltakoors na mense versprei het.

Brucellose, ook bekend as besmetlike misgeboort­e, is al in Januarie by ’n kudde van sowat 800 Boerbokke op die gasteplaas Boeteka, buite Beaufort- Wes, gediagnose­er, en die plaas is in kwarantyn geplaas. Sowat 100 bokke is reeds van kant gemaak.

Maltakoors is by die boer, mnr. Appie Viviers, se vrou, Marietjie, en een van sy werkers, mnr. Marius Pettinger, gediagnose­er.

Drie beeste in ’ n kudde van 400 het ook al positief getoets vir die siekte.

Mnr. Carl Opperman, die uitvoerend­e hoof van Agri WesKaap, het gesê bokke en beeste word stuk-stuk op die plaas vir brucellose getoets en geslag, maar dit duur lank. “Boonop kan ’ n volledige plan om dié siekte af te weer, eers in werking gestel word sodra die laboratori­um van die staatsveea­rts bevestig watter tipe brucellose by die Boerbokke en beeste gediagnose­er is. Die vertraging gaan beslis die kans op verspreidi­ng verhoog.”

Die laboratori­umtoetse kan nog weke duur.

“Ons grootse bekommerni­s i s dat die heinings op plase van só ’ n aard is dat daar nie met sekerheid gesê kan word dat diere nie na buurplase kan beweeg nie. Dit is ook uiters moeilik om die Boerbokke in ’n omheinde kamp te hou.

“Besmette diere wat dragtig is, se fetusse aborteer. Aasdiere, soos j akkalse en kraaie, wat daarop toeslaan, kan die siekte na buurplase versprei. Die verspreidi­ng van dié siekte kan boerderye in die omgewing baie geld kos.”

Die siekte is met ’ n roetine-inspeksie op ’n plaas gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa