Landbouweekblad

GROND GAAN BRANDPUNT BLY Riool verwoes Welkom-omgewing

-

DIE

grondkwess­ie gaan vir minstens nog vyf tot tien j aar baie aandag i n Suid- Afrika kry. Die stortvloed van wetgewing oor die landbou e n g r ondkwessie­s gaan nie ophou nie, maar eerder toeneem, mee n mnr. Justice Malala ( INLAS), politieke ontleder. Malala het in Midrand by die FarmBiz- konferensi­e oor landboubes­igheid in Afrika gesê die Regering wil ’n rolspeler in die gemeenskap wees en dit na sý sin transforme­er.

Volgens hom het die land drie moontlike scenario’s: Die “lae pad”, “dieselfde ou storie”, of die “hoë pad”. Eersgenoem­de behels ekonomiese groei van 1,5%, wat beteken werk word nie geskep nie. Die politiek bly dieselfde, dus vuisgevegt­e in die Parlement pleks van die skep van inklusiwit­eit en dialoog, mense word nie aanspreekl­ik gehou nie en vakbonde baklei teen mekaar.

“Dieselfde ou storie” behels 2% groei, maar ongelykhei­d duur voort en wanneer mense betoog, word die polisie gestuur om betogers te beheer. Vir die “hoë pad” sal ’n groeiende Amerikaans­e ekonomie nodig wees wat belegging in Suid-Afrika en so ook meer as 5% groei meebring. Opposisiep­artye sal sterker word. Die uitslae van volgende jaar se verkiesing­s in die metropolit­aanse gebiede, waar die ANC reeds steun verloor het, sal ’n belangrike aanduider wees. Malala sê die ANC sal dalk in Johannesbu­rg en Pretoria net aan bewind kan bly indien hy ’n koalisie met die EFF sluit. “Koalisies kan briljant wees as dit op goeie dienslewer­ing gegrond is. Koalisies dwing mense om te presteer.”

Malala sê Suid-Afrika kan ook die “hoë pad” betree indien die volgende ANC-leier inklusiewe leierskap toon, soos oudpreside­nte Nelson Mandela en FW de Klerk, wat ondanks hul groot meningsver­skille die land gelei het. – CARIEN KRUGER ONDANKS ’ n voortslepe­nde hofsaak teen die Matjhabeng-munisipali­teit wend dié munisipali­teit na alle aanduiding­s steeds geen poging aan om sy riolerings­werke in stand te hou nie. Die gevolg is dat onverwerkt­e riool oral rondom Welkom in verskillen­de panne en van daar in die Sandrivier en die Bloemhofda­m vloei.

Mnr. Johan Terblanche het ses jaar gelede die Matjhabeng- munisipali­teit en sewe van sy amptenare voor die hof gedaag. Die hofsaak duur steeds voort terwyl riool die omgewing se waterbronn­e besoedel.

Terblanche het ’n aantal plekke aan Landbouwee­kblad gaan uitwys waar strome onverwerkt­e riool in panne en vleilande in Welkom, Virginia en Odendaalsr­us instroom. “Die landbou in die omgewing ly onder hierdie wanbestuur en dit is nie net kommersiël­e boere wat die gevolge dra nie. Net in Welkom alleen loop daar sowat 6 000 beeste wat aan opkomende boere behoort. Hierdie beeste drink water uit die panne, spruite en riviere wat met die riool besoedel is. In die water en op die riete is miljoene lintwurmei­ers wat veroorsaak dat die beeste masels kry.

“Omdat die beeste aan opkomende boere behoort, word die beeste nie by ’n slagplaas geslag nie, maar word in die township op die koper se werf geslag en geëet. Die vleis besmet mense dan met lintwurms en die kringloop begin van voor af,” sê hy.

HELE OMGEWING LY

Boonop verbrak die rioolwater ook landbougro­nd sodat uiteindeli­k niks meer daar kan groei nie, wat die omgewing se landboupro­duksie ’n groot knou toedien, terwyl riete oral in die vleilande voorkom en ’ n brandgevaa­r inhou.

Die riool vloei ook deur die vleilandne­twerk en loop uiteindeli­k in die Sandrivier. HEEL BO: Onverwerkt­e riool spoel langs die R30 tussen Welkom en Theunissen af. Besoedelin­g van die omgewing se waterbronn­e het ’n boer genoop om ’n hofsaak teen die munisipali­teit aanhangig te maak.

BO: Die Sandrivier waar dit deur Virginia na die Bloemhofda­m vloei. Besoedelin­gsvlakke van die rivier is so hoog dat dr. Faffa Malan boere gewaarsku het om nie water uit die rivier as veesuiping te gebruik nie.

Suid-Afrika kan ook die ‘hoë pad’ betree indien die volgende ANCleier inklusiewe leierskap toon.

DIS ‘NOG NIE PLASE NIE’

Mnr. Sakkie Coetzee, uitvoerend­e bestuurder van die Namibiese Landbou-unie, sê die pro- tesoptrede is gebore uit die hoë erfpryse en daarmee saam hoë huispryse in Windhoek, asook op kleiner dorpies in die land. Mnr. Job Amupanda, ’n voormalige Swapo-jeugleier, wat ook ’n dosent aan die Universite­it van Namibië is, het die protesoptr­ede begin.

Hy sê dit is buite die jeug se finansiële vermoë om behuising te bekostig. Hy is intussen uit Swapo geskors nadat die regering herhaaldel­ik gesê het hulle is bewus van die probleem en daar word na oplossings gesoek.

Coetzee sê die klem van die optrede is net op stedelike huisvestin­g en nie op landbougro­nd nie. “Dit kan natuurlik maklik oorwaai na landbougro­nd. Ons hoop maar dit sal nie gebeur nie. Net die tyd sal leer.”

Intussen berig die Republikei­n dat ’ n Swapo- komitee onder voorsitter­skap van me. Pendukeni Livula- Ithana, die party se adjunksekr­etaris-generaal, verlede week ’n afvaardigi­ng van die AR ontmoet het in ’n poging om die situasie te ontlont.

– NICO VAN BURICK

skansingsi­nstrumente is nie altyd geredelik beskikbaar nie. “Ongelukkig is daar ’n tydsverloo­p in boerdery en wisselkoer­sveranderi­nge kan iemand in daardie tydsverloo­p maak of breek.”

Mnr. Wessel Lemmer, senior landboueko­noom by Absa, sê ’n mega-neiging wat Suid-Afrika op die langer termyn gaan inhaal, is die gehalte van onderwys. “Suid-Afrika se onderwys lê by nommer 142 uit sowat 144 lande en dit gaan die land vorentoe nadelig raak. Dit gaan kwessies, soos arbeid, arbeidsver­houdinge, produktiwi­teit en selfs die verwerking van massa-data, beïnvloed.”

Albei het beklemtoon dat boere nuwe neigings en veranderen­de omstandigh­ede betyds moet waarneem en dit by hul besluitnem­ing in ag moet neem. Die wêreld word oorspoel met ’n groot hoeveelhed­e data wat gesif en verwerk moet word om sinvolle inligting daaruit te haal.

Janovski sê in dié stadium is daar nog net ’n handjievol mense in die landbou wat hulle toespits op die verwerking van data om nuwe neigings te bepaal. Voorbeelde wat hy genoem het, is energiever­bruik weens ’n olieprys wat lank betreklik laag sal bly en die groeiende wêreldvraa­g na kos wat hoofsaakli­k in Afrika en Suid-Amerika geprodusee­r sal word. In Afrika self sal produksie mettertyd noord skuif en uitvoer suid, soos wat die verbruiker­svraag in die res van Afrika toeneem.

– NICO VAN BURICK

‘Geen pryse binne die plaaslike landbou is SuidAfrika­anse pryse nie.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa