Landbouweekblad

GROND-ONRUS IN NAMIBIË

- INLAS)

’N

Protesgroe­p in Namibië dreig om van einde Julie af met volskaalse beslaglegg­ings op grond in stedelike gebiede te begin. Die regering mobiliseer tans die weermag en polisie om dit af te weer.

Die aksie staan bekend as die Regstellen­de Herposisio­neringsvel­dtog (AR) en 31 Julie is D-dag vir dié optrede. Spanning het egter al verlede week begin oplaai toe meer as 300 mense in Goreangab aan die buitewyke van Windhoek probeer het om op grond beslag te lê.

Volgens die koerant The Namibian is meer as honderd polisieled­e ontplooi om die mense te keer. Van hulle het gesê hulle wil net seker maak hulle kry betyds ’n stukkie grond voor die groot beslaglegg­ings aan die einde van die maand begin. Die polisie het daarin geslaag om die skare uiteen te jaag, maar die mense het gesê hulle sal terugkeer.

REËNDANS . . . Blinknat voer die Arabierreu­n Al-Shar Sheykh die reëndans uit om af te koel voor sy veeartsins­peksie tydens die laaste skof van die afgelope Fauresmith-perde-uithourit. Links is sy ruiter, mnr. Ami de Wet jr., wat in die swaargewig-afdeling meegeding het. De Wet is die seun van die legendarie­se mnr. Ami de Wet (77, van Magaliesbu­rg. Dit was De Wet sr. se 34ste uithourit die afgelope 41 jaar. Hy het altesaam meer as 26 000 km te perd afgelê. Twee van sy seuns, Tjaart en Ami, drie van sy kleinseuns, Jan-Louis en Abri Bezuidenho­ut en Ami de Wet (én Ami se vrou, Thia), het ook aan die uithourit deelgeneem. In die inlasfoto kom ’n triomfante­like Ami sr. (ruiter 3052) by die wenstreep op Fauresmith se skouterrei­n aan op sy Arabiermer­rie, Shaliza. Hul totale tyd vir die rit in die standaard-afdeling was 12 uur 43 minute en 51,89 sekondes teen ’n gemiddelde spoed van 15,7881 km/h. Die volledige Fauresmith-uithouritu­itslae verskyn in LBW van 8 Augustus. FOTO: JOHAN NORVAL

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa