Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK Moenie jou aftrede laat skipbreuk ly D

- NAVRAE: E-pos: Ronald.King@psg.co.za

ie herwinning van die Costa Concordia is ’n merkwaardi­ge verhaal. Dié skip het op 13 Januarie 2012 aan die Italiaanse kus op die rotse geloop nadat die kaptein glo vir sy meisie ’n eiland van naby wou wys. Altesaam 32 mense het gesterf.

Op 23 Julie 2014, ná die grootste herwinning­sprojek in die geskiedeni­s, is die skip na Genoa gesleep om afgetakel te word. Dié projek, gelei deur die Suid-Afrikaner mnr. Nick Sloane, is aangepak deur ’n groep mense wat geglo het in hulself, selfs al het die meeste kenners geglo dit is onmoontlik.

Dit is nogal verbasend hoe gereeld kenners al in die verlede verkeerd was. Albert Einstein het byvoorbeel­d gesê dat dit nooit moontlik sou wees om ’ n atoom te verdeel ten einde kernkrag te verkry nie. In ’n ensikloped­ie uit 1966 wat altyd in my pa se biblioteki­e was, het hulle gesê dit is onmoontlik om op die maan te land. In 1943 het die voorsitter van IBM gesê dat die wêreld mark vir rekenaars nie meer as vyf sal wees nie.

Die interessan­tste inligting oor die herwinning van die Costa Concordia was egter die finansies. Toe die skip in 2004 gebou is, was die koste nagenoeg €450 miljoen. Die herwinning het € 1,67 miljard gekos, byna vier keer die koste van die skip. Iewers was daar ’n herverseke­raar wat lelik moes opdok. Dit wys net weer: Die koste om ’n gemors reg te maak, is dikwels aansienlik meer as wat die oorspronkl­ike projek sou kos. Dié beginsel is net so toepaslik op aftrede.

Indien jy op 20 sou begin spaar vir aftrede, is die besparing benodig slegs 12,5%. Op 30 het dit reeds opgeskuif na 22,5%. Op 40 is dit, soos die herwinning van die Costa Concordia, reeds bykans vier keer meer. Jy moet dan ’n lywige 42,5% van jou maandeliks­e inkomste spaar om jou aftreedoel­wit te bereik. Op 50 is dit nie meer moontlik nie, want die besparing benodig is dan 114% van jou inkomste.

Met dié inligting beskikbaar, is dit vreemd om te sien hoeveel mense wag tot 20 jaar voor aftrede voordat hulle die erns van die saak besef. Om te keer dat jou aftrede op die rotse loop, is daar vier beginsels wat kan help.

BEGIN SO VROEG AS MOONTLIK

Tyd is die belangriks­te aspek van ’n suksesvoll­e aftreeplan. Lewensverw­agting neem tans met tot vyf uur per dag toe. Jou aftreeplan kan nie meer opgestel word tot op 79 jaar nie. Dit moet nou ’n inkomste verskaf tot op 95 jaar oud. Daar is ’n 50% kans dat jy of jou gade dié ouderdom sal bereik. Om vir 17 jaar te spaar ten einde 35 jaar daarvan te leef, is somme wat nooit sal klop nie.

BEWAAR JOU AFTREEGELD

Sowat 90% van mense wat van werk verander, neem ’n gedeelte van hul geld ten einde hul huis af te betaal, kinders se studies te betaal of iets te doen wat hulle glo finansieel sin maak. Dié onttrekkin­g is egter ’ n doodskoot vir enige aftreebepl­anning. Elke rand wat jy op 40 onttrek, is R21 minder op ouderdom 85.

SPAAR VOOR JY UITGEE

Baie mense se verweer is dat hulle nie geld gehad het om te spaar vir aftrede nie. Die probleem is dat hulle probeer spaar dit wat oor is nadat hulle bestee het. Die reël is egter dat jy moet uitgee wat oor is nadat jy gespaar het. Dit is al oor en oor bewys dat mense wat groot salarisver­hogings ontvang, net vir ses maande met hul geld uitkom voordat hul lewensverw­agting só toegeneem het dat hulle weer sukkel om met hul geld uit te kom. Tans gee Suid- Afrikaners meer uit as wat hulle verdien. Spaar dus altyd eerste.

BELÊ SO AGGRESSIEF MOONTLIK

Die volgende artikel handel oor risiko en beleggings. Jou beleggings­termyn is tot jy doodgaan, nie tot jy aftree nie. Dit beteken jou termyn op 50 jaar oud is nie 10 jaar nie, maar 35 jaar. Kontant is iets wat goed werk op kort termyn, maar op termyne langer as vyf jaar vernietig inflasie dit heeltemal. ’ n Aftreeport­efeulje met 75% in aandele kan van een jaar tot die volgende jaar in waarde afneem, maar oor enige termyn langer as 15 jaar klop niks aandele se opbrengs nie. Adv. Ronald King is hoof van tegniese dienste by PSG Health.

Te veel mense wag tot te kort voor aftrede voor hulle in erns wegspring om hul geldsake gereed te kry. Volg dié vier beginsels.

Grondhervo­rming kan werk, maar nie soos dit nou bedryf word nie. Begunstigd­es wat dit regkry om deur die burokratie­se hoepels te spring, begin boer met ’n reuse-skuldlas.

sector Prof. Johann Kirsten is hoof van die departemen­t landbou- ekonomie, voorligtin­g en landelike ontwikkeli­ng aan die Universite­it van Pretoria.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa