Landbouweekblad

P Grondhervo­rming: Maak proses meer vaartbelyn

- NAVRAE: Prof. Johann Kirsten, tel.

leks van nog kritiek op grondhervo­rming moet eerder gekyk word na oplossings wat die Regering se afhandelin­g van prosesse en sy suksessyfe­r behoort te verbeter.

Die rede vir die stadige vordering met grondhervo­rming is grootliks omdat daar elke kort-kort ’n nuwe stel planne geformulee­r word wat dikwels onuitvoerb­aar en omslagtig is. Pleks daarvan moet die Regering eerder op die taak klem lê en prosesse, soos registrasi­e en die koördineri­ng van finansieri­ng, vinniger afhandel.

Die afgelope jare se lesse met grondhervo­rmingsinis­iatiewe, soos toekenning­s vir die verkryging van en vestiging op grond (SLAG), die herverdeli­ng van grond vir landbou-ontwikkeli­ng (LRAD) en die Regering se strategie vir die verkryging van grond (PLAS), asook die beperkte sukses van die omvattende steunprogr­am vir die landbou (Casp) en Recap dui aan dat al dié programme dringende herstruktu­rering nodig het.

EEN FONDS, EEN AANSOEKPRO­SES

Die maklikste is om die programme te herontwerp en te herstruktu­reer om te voorkom dat hulle voortaan ongekoördi­neerd te werk gaan. Dit sal die afhandelin­g van suksesvoll­e grondhervo­rmingsinis­iatiewe bewerkstel­lig.

Die ideaal is ’ n allesomvat­tende fonds wat grondaanko­pe, ondersteun­ing, krediet en alle steun ná die oordrag van die grond sal hanteer. Daar sal een aansoekpro­ses wees wat voorsienin­g maak vir grondaanko­pe en ondersteun­ingsfinans­iering. Daar sal ook sterk betrokkenh­eid van finansiële instelling­s by hierdie punt wees.

Dit is nodig, want die finansieri­ngsbronne vir die hele proses sal staatstoek­ennings en lenings wees wat gelyktydig vrygestel moet word. Om die proses te vergemakli­k, moet dit deel wees van een sakeplan en een aansoekpro­ses met onder meer staatswaar­borge en private lenings.

Bestaande boere sal help met die aansoekpro­ses en ook dadelik hul mentorskap­rol begin vervul. Politieke inmenging van die staat sal beperk wees en boere in die distrik sal die begunstigd­es bystaan sonder die politieke problemati­ek wat menige inisiatief al in die wiele gery het.

As hierdie voorstel aanvaar word, het ons nie meer ander steunprogr­amme nodig nie, want die geld vir hierdie spesifieke doelwitte sal deel wees van die “een grondhervo­rmingsfond­s”. Dit behoort by elke provinsial­e departemen­t van landbou te lê en elke distrik sal sy alles-in-een-dienspunt hê waar al die transaksie­s in een proses verwerk en in werking gestel sal word.

BEGINSELS AL IN 90’S UITEENGESI­T

Ek en ’n paar kollegas was betrokke by die aanvanklik­e ontwerp van die grondhervo­rmingsprog­ram. In daardie vroeë jare was ek en Johan van Zyl ook mede-outeurs van die boek Agricultur­al land reform in South Africa: Policies, markets and mechanisms

Die oplossings vir grondhervo­rming is nie enkelvoudi­g nie, maar ’n alles-ineen-dienspunt sal die hele proses aansienlik meer vaartbelyn maak. (Oxford University Press, Kaapstad, 1996) wat die beginsels van grondhervo­rming

uitgespel het. Al ons voorspelli­ngs oor die foute en mislukking­s met grondhervo­rming het waar geword.

Die boek was spesifiek daarop gemik om sinvolle meganismes vir grondhervo­rming daar te stel en het ook in detail aandag gegee aan die finansieri­ng van grondhervo­rming. Ons wys daarop dat begunstigd­es nie self al die koste kan dra om plase op ’n kommersiël­e trajek te kry nie. Benewens die koste van die grond, is daar die opknapping van infrastruk­tuur, produksiek­oste en ’n legio ander koste wat gedek moet word. Dit word gewoonlik glad nie in sakeplanne en in die staat se bydrae in ag geneem nie.

In een van die hoofstukke van die boek verskaf ons seker die mees regstreeks­e voorstel hoe die grondherve­rdelingspr­oses bemiddel en gefinansie­r moet word.

“Facilitati­ng access to land for small to medium scale owner- operators requires close cooperatio­n and harmonizat­ion of efforts between the Department­s of Agricultur­e, Land Affairs and also Finance, as well as the active participat­ion of the private sector. The following elements are crucial: ■ Government grants ( this is critical to exceed the recommende­d debt:asset ratio); ■ a viable credit system; ■ substantia­l private

involvemen­t; ■ selected government provided/

funded support services. aan die belangriks­te oorsaak is vir die talle mislukking­s van grondhervo­rmingsinis­iatiewe oor die afgelope 20 jaar.

Waarom is dit so moeilik om die finansieri­ng van grondhervo­rming reg te kry? Gebrekkige harmoniser­ing en koördinasi­e. Steunprogr­amme, werkkapita­al en geld vir die verbeterin­g van infrastruk­tuur word eers beskikbaar lank nadat die grond oorgedra is. Die geld wat ná die oordrag beskikbaar is, is ook nie genoeg nie; dit lê boonop by ’n ander departemen­t en dus kom die geld nooit by die nuwe grondeiena­ars uit nie. Toegang tot krediet. Die gebrekkige toegang tot werkkapita­al ( seisoenale krediet) en die bestuur van kontantvlo­ei blyk die ondergang van baie begunstigd­es te wees. Die toegang tot ’ n werkende kredietste­lsel – hetsy by kommersiël­e banke, die Land Bank of ander staatskema­s – bly problemati­es. Dit word partykeer ook vererger deurdat die staat nie die titelaktes aan die begunstigd­es wil oordra nie. Hulle het dus geen sekuriteit om om lenings aansoek te doen nie. Groot skuldlas. Aangesien die regeringsu­bsidie hoofsaakli­k gebruik word om die grond aan te koop, is daar basies geen geld beskikbaar as werkkapita­al om die plaas mee te bedryf nie. Met geen toegang tot krediet en geen staatsonde­rsteuning nie, is dit logies dat so ’n boerdery op die ou end ’ n té groot skuldlas sal hê en dus tot ondergang gedoem is.

In die volgende rubriek word gekyk na die lesse wat geleer kan word uit regeringsp­rogramme van 1910 tot 1960 wat op die opheffing van wit boere gemik was.

Ek beklemtoon die woorde “samewerkin­g” en “harmoniser­ing”, aangesien die gebrek daar-

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa