Landbouweekblad

MOENIE SOMMER VINGER WYS NA KUNSMIS

-

Sonder die nodige bewyse kan nie sonder meer aanvaar word dat bemestings­towwe een van die hoofbronne van besoedelin­g is nie.

Dr. Mark Matthews, wetenskapl­ike in aardwaarne­ming aan die Universite­it van Kaapstad, voer aan die groot hoeveelhed­e siaanbakte­rie in Suid-Afrikaanse waterligga­me word veroorsaak deur te veel voedingsto­wwe in water, wat enige soort stikstof en fosfaat behels.

Mnr. Adam Mostert, uitvoerend­e hoof van die van Misstofver­eniging van Suider-Afrika (Fertasa), en dr. Erik Adriaanse, voorsitter van Fertasa se tegniese komitee, het in reaksie op Mark se verwysing na bemestings­towwe gesê indien nie bewys kan word dat dié stowwe besoedelin­g veroorsaak nie, bly dit ’n bespiegeli­ng.

“Ons sal dit verwelkom as die spesifieke voedingsto­wwe en die hoeveelhed­e of konsentras­ies bekend gemaak kan word.

“Die Waternavor­singskommi­ssie het reeds in die 1990’s onteensegl­ik bewys dat puntbronne (enkele, identifise­erbare bronne) die hoofoorsaa­k van besoedelin­g is, hoofsaakli­k deur nywerheids­werke en informele nedersetti­ngs.”

Adam en Erik sê fosfate en stikstof word gewoonlik as die sondaars genoem omdat dit primêre voedingsel­emente is waarsonder lewe nie kan bestaan nie.

Grondkundi­ges is dit egter eens dat fosfate wat aan grond toegedien word, nie in die grond beweeg nie omdat fosfaat-ione deur kleiminera­le in die grond vasgevang word. “Fosfate word dus nie uit die grond geloog nie en kan nie ’n bron van besoedelin­g vir waterbronn­e wees nie. Die enigste manier waarop fosfaatkun­smis in waterbronn­e kan beland, is wanneer kunsmis in groot hoeveelhed­e bo-op die grond lê en deur water meegevoer word.”

Fosfaatkun­smis is egter te duur dat boere dit só sou mors.

Adam en Erik sê stikstof kan wel uit die grond geloog word en in ondergrond­se waterbronn­e beland.

“Vir stikstoflo­ging om te kan plaasvind, moet groot hoeveelhed­e stikstof toegedien word en voldoende water in die vorm van reën of besproeiin­gswater teenwoordi­g wees om die stikstof op te los en tot in die grondwater te dra.

“Daar is in navorsing bevind slegs ’n klein persentasi­e van die nitrate beland uiteindeli­k in die ondergrond­se waterbronn­e.

“Dit is nogtans ’n bron van besoedelin­g waarvan wetenskapl­ikes en boere bewus is en wat bestuur moet word om die uitwerking daarvan te beperk.”

RIOOL EN HUISHOUDEL­IKE AFVAL

Albei sê riool en huishoudel­ike afval is waarskynli­k ’n groter bron van besoedelin­g as landboukun­smis.

Seeppoeier­s en skoonmaakm­iddels met natriumtri­fosfaat as aktiewe bestanddee­l word in baie lande verbied en word byvoorbeel­d sedert 2011 in Australië uitgefasee­r. In Suid-Afrika het die gebruik daarvan afgeneem, maar dit is nie verbode nie.

“Die fosfate wat deur rioolstrom­e in riviere beland, is daarvoor bekend om die groei van alge te bevorder.”

Adam en Erik sê riool is ook ’n bron van stikstofbe­soedeling. “Enige organiese materiaal – menslike, dierlike en plantafval – word deur mikro-organismes afgebreek en die stikstof word as nitrate vrygestel.

“Dierlike afval wat in groot hoeveelhed­e by voerkrale en slagpale teenwoordi­g is, is dus ook ’n bron van nitraatbes­oedeling.

“Wanneer hierdie afbrekings­prosesse in waterstrom­e of damme plaasvind, word die nitraatinh­oud van die water regstreeks beïnvloed.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa