Landbouweekblad

Wynboere blink uit met kanola

-

Hulle is groentjies in die graanbedry­f, sê die broers Josef en Pieter Dreyer van Raka Boerdery naby Caledon. Hulle meen dit is maar geluk en die goeie raad van bure en landboukun­diges wat gehelp het dat hulle verlede jaar meer as 2 ton kanola per hektaar geoes het.

Josef sê hulle is nie eintlik saaiboere nie, maar toe daar drie jaar gelede grond 3 km van hul plaas af in die mark kom, het die familie – wat wyndruiwe kweek vir hul Raka-wynreeks – hul boerdery verder gediversif­iseer.

Hulle het die plaas op die pad tussen Stanford en Caledon in Februarie 2012 gekoop en moes redelik rondskarre­l om ’n tweedehand­se trekker, planter, platsnyer en stroper te koop om betyds te begin saai. Hulle het nie kontrakteu­rs oorweeg nie omdat hul pa glo ’n kontrakteu­r kom altyd as dit “te nat of te laat” is. Dus het hulle ook toerusting gekoop om hawerkuilv­oer vir die beeste te maak.

Die nuwe plaas het 380 ha bewerkbare grond, maar hulle het sedertdien nog grond bygekoop en sedert verlede jaar huur hulle 400 ha grond by. Hulle het intussen ook ’n nuwe Equalizer- planter, ’ n platsnyer en ’ n stroper gekoop, maar eers nadat hul pa die saak deeglik ondersoek het.

Pieter, wat verantwoor­delik is vir die saaiboerde­ry, sê hulle het die plaas se bewerkbare grond eers in derdes opgedeel waarop hulle koring, gars en kanola, en hawer op die laaste derde saai. Een rede waarom hulle van die begin af kanola in hul wisselbous­telsel ingesluit het, was om ontslae te raak van grasonkrui­d waarvan die nuwe plaas vervuil was. Hulle reken dit is wys om kanola as ’n belangrike deel van ’ n geïntegree­rde boerdery te beskou.

Omstandigh­ede vroeg in die seisoen was verlede jaar nie goed nie, en hulle het op 1 Mei, die laatste van alle deelnemers aan die Sui d- Kaapse kanolakomp­etisi e , g e pl a nt . “Ons weet almal sê altyd kanola moet vroeg geplant word, maar ons het vir vog gewag,” sê Pieter. “Ons wou vroeër plant, maar my pa het gevra: ‘Waar’s die reën dan?’ ” Hulle het vanjaar weer laat geplant ( 5 Mei) omdat die reën so laat was.

Pieter sê hulle het vanjaar weer die kanolakult­ivar 45Y86, waarmee hulle die hoogste opbrengs van 2,16 t/ ha in die kompetisie behaal het, gesaai, asook die kultivar CL575. Hulle kry gemiddeld 420 mm reën in die groeityd. Dit is meer as die gemiddelde vir alle boere wat verlede jaar aan die kompetisie deelgeneem het, en dalk een rede waarom hulle so ’n goeie opbrengs behaal het.

Hul planter se rywydtes is 275 mm en hulle plant kanola teen 5 kg/ha. Die saaidigthe­id is só hoog omdat hulle “vir die slakke ook” saai, sê Pieter. Omdat saaiboerde­ry vir hulle so nuut is, wil hulle nie ’ n kans waag met bespuiting­s nie. “Ons boer voorkomend.”

Hulle het die kanola met 20 kg fosfaat, 30 kg stikstof en 18 kg swawel gevestig. Hulle gee gewoonlik een keer ’n stikstof-bobemestin­g, maar soms twee keer.

Die Dreyers doen veranderli­ke toediening van kalk en fosfaat. Die bobemestin­g word nie veranderli­k toegedien nie. Oor die seisoen dien hulle altesaam 91 kg stikstof toe. Pieter sê benewens raad van bure het hy ook goeie raad van mnre. Danie du Toit van die kunsmismaa­tskappy Yara en Piet Blom van die landbouche­miese maatskappy Nulandis gekry.

Hul regstreeks toedeelbar­e koste van R5 336/ ha is hoër as die gemiddelde regstreeks toedeelbar­e koste in die distrik Caledon. Dit kan toegeskryf word aan hul hoër besteding aan plaag- en onkruidbes­tryding.

WISSELBOU

Vanjaar het hulle op 10% van hul bewerkbare grond lupiene gesaai, 10% hawer, 20% kanola, 20% gars en 40% koring. Die lupiene, hawer en kanola sal volgende jaar met koring opgevolg word, terwyl daar kanola ná gars

Die Dreyers, bekroonde wynboere van Raka-faam, het in 2012 die eerste keer ook graan begin plant – én verlede jaar die hoogste opbrengs in die Suid-Kaapse kanolakomp­etisie behaal.

REGS: Al die Dreyer-kinders is by die familiebes­igheid, Raka Boerdery, betrokke. Van links is Pieter, Josef en Jorika Dreyer. Hul ma, Elna, staan voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa